Resep deur Rediscover Dairy.
Genoeg vir 12.
Bestanddele
- 500 g botterskorsie
- 5 ml (1 teelepel) olyfolie
- Sout en vars gemaalde swartpeper
- 6 groot eiers
- 80 ml volroom, gewone jogurt
- 10 ml (2 teelepels) fyngekapte pietersielie
- 5 ml (1 teelepel) gedroogde roosmaryn
- 5 ml (1 teelepel) uiepoeier
- 2,5 ml (½ teelepel) paprika
- 100 g gewone fetakaas
- Ekstra pietersielie vir garnering (opsioneel)
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 ºC en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.
- Sny die botterskorsie in blokkies van ongeveer 2 cm. Plaas dit in ’n bak saam met die olyfolie en geur met sout en peper. Meng goed en versprei op die bakplaat. Rooster vir 25–30 minute of tot net sag. Laat afkoel.
- Gooi die eiers, jogurt, pietersielie, roosmaryn, uiepoeier en paprika in ’n bak. Geur met sout en peper en klits goed saam. Krummel die fetakaas in en voeg die botterskorsie by. Meng liggies deur.
- Verlaag die oondtemperatuur tot 180 ºC en smeer ’n muffinpannetjie goed. Verdeel die eiermengsel tussen die muffinvormpies.
- Bak vir ongeveer 20 minute of tot gaar. Laat vir 5 minute staan voordat dit uit die pannetjie verwyder word. Sprinkel met ekstra pietersielie en sit voor.
