kategorieë: Tuinmaak

Bou jou eie vertikale tuin

Laaibordmuur

Jy kan ’n ou laaibordmuur gebruik om tuin te maak waar daar geen (horisontale) spasie is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kruie is mal daaroor om so te groei. Die blou bottels is die handgedrewe outomatiese besproeiingstelsel. Die bottels (sonder hulle proppe natuurlik) word vol water in die grond gesteek en die water loop net uit as die grond droog raak! Die konstruksie is nogal swaar en moet met boute aan die muur vasgesit word. Jy kan die grond ligter maak deur polistireen met jou grassnyer fyn te maal en dit met die grond te meng – die arm man se vermikuliet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Sit ’n plank aan die onderkant van die laaibordmuur/ palet met skroewe vas sodat dit kan help om die gewig van die grond wat jy binne-in gaan sit, te dra.

2. Vou ’n stuk ou plastiek dubbel dat dit ’n sloop vorm. Gebruik dit om die palet se binnekant uit te voer. Jy gaan die potgrond daarin gooi. Daar is gewoonlik ’n balk in die middel van die pale wat die holte in twee verdeel. Maak ’n sloop vir elke helfte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Sny die bokant sodat jy dit netjies kan omvou en vassit met ’n kramgeweer. Gebruik goeie potgrond om die plastiek sloop binne-in die palet op te vul. Druk dit goed vas en maak goed nat. Steek ’n paar gate in die plastiek sodat die water kan deurloop en die grond kan vassak. Sit nog grond by soos wat dit afsak. Maak dit ’n paar keer nat totdat jy sien die grond sak nie meer nie.

4. Voel waar sit die planke van die palet. Sny gate in die spasies tussen die planke met ’n mes deur die plastiek waarmee jy die palet oorgetrek het. Die gate moenie te groot wees nie anders gaan die grond uitval. Plant jou saailinge deur die gate en druk goed vas. Gee die palet van bo-af water.

5. Jy kan enige raam gebruik om ’n soortgelyke vertikale tuin te bou. Op die foto is ’n ou tenkraam met goeie potgrond opgevul en is daar nou plantplek bo-op en langs die kante van die raam. ’n Spasie van ongeveer 1 m² is omskep in 5 m² plantspasie — die ideale manier van doen as jy min spasie het in jou tuin!

Palet-rak

Gaan soek vir ou palette by ’n wynkelder of winkel se stoorplek waar goedere in groot maat op palette afgelaai word. Die palet kan maar ’n paar gebreekte planke hê. Jy gaan heel waarskynlik meer sukses hê om een te kry as dit gebreek is. Jy gaan in elk geval van die planke uithaal. Maak net seker dat dit min of meer stewig is sodat jy nie die hele struktuur hoef oor te bou nie. Kies verkieslik ’n palet wat aan weerskante dwarsplanke het vir ’n stewiger konstruksie.

1. Verwyder so 2 planke en los die derde een van die dwarsplanke aan die voorkant sodat daar 3 of 4 ‘rakke’ oorbly. Los die heel boonste en heel onderste dwarsplanke ook in plek sodat dit ’n mooi raam vorm rondom jou rak. Los die planke aan die rugkant vir ’n agtergrond vir jou rak. As jy mooi kyk op die foto sal jy sien daar is ’n vloertjie tussen die voorste plank en die rugkant van die rak in wording op die foto. Gebruik van die planke wat jy verwyder het hiervoor. Saag van hulle net in korter stukke sodat dit inpas tussen die regop (dikker) balke. Skroef dit vas aan die onderkant van die dwarsbalke wat jy laat agterbly het om ’n vloertjie te vorm vir elke rak.

2. Skuur nou die hout bietjie af sodat dit nie splinters het nie. Moenie die karakter van die hout wegskuur nie. As daar onegalige kurwes aan sommige planke is is dit heeltemal in orde. Dit gee jou rak meer karakter.

3. Gebruik ou verf om jou rak te verf. Verf wat jy met water kan verdun werk die beste. Dit moet baie loperig wees sodat jy nie die hout se karakter toeverf nie. Toets dit eers op ’n afgeskuurde stukkie oorskietplank.

4. Ons was baie gelukkig om dosyne klein asbespotjies in ’n ou stoorkamer op te spoor. Moet dit glad nie skuur of boor nie. Ons het sommer die stof en grond net so aan ons potjies gelos vir ’n bietjie ekstra karakter en dit beplant met kruie en eetbare blomme.

Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.