kategorieë: Ouerskap

Bou of breek jy jou kind se selfbeeld?

Het jou kind ’n goeie selfbeeld?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Aanvaar sy haarself en is gelukkig met wie sy is?
  • Kan hy kritiek hanteer sonder om dae daaroor te tob of dit te ontken?
  • Glo sy ander se komplimente is opreg?
  • Kan sy waag, of vermy of vrees sy nuwe situasies en verandering?
  • Blameer hy ander vir sy foute?
  • Glo sy in haar eie vermoë?
  • Word hy maklik deur ander beïnvloed?
  • Bekommer sy haar voortdurend wat ander dink?
  • Steek hy sy gevoelens weg?
  • Sien sy haarself as waardevol, gelukkig, nodig en iemand wat ander se respek, aanvaarding en liefde kry?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dít knou kinders se selfwaarde

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • As hulle hulle met ander kinders vergelyk of in voortdurende kompetisie is.
  • As hulle misluk in iets waaraan hulle of hul ouers waarde heg, veral as hulle hard probeer het.
  • As hulle voel dat hulle nie inpas en deur hul portuurgroep aanvaar word nie.
  • As hulle negatiewe terugvoer kry omdat hulle gebrekkige sosiale en emosionele vaardighede het.
  • As hulle voel hul ouers het nie tyd vir hulle nie.
  • As hul selfbeeld gekoppel is aan die positiewe terugvoer wat hulle kry. En dit net kry as hulle presteer.
  • As hul ouers of onderwysers fokus op wat nie reg is nie, sonder erkenning vir die goeie prestasie wat wel behaal is. (As die kind 85% kry, vra pa: “Waar is die ander 15%?”)
  • Kwetsende woorde van maats, onderwysers, ouers, broers of susters. Veral as dit op hul persoon en karakter gemik is en nie op hul gedrag nie. “Jy is treurig.” Nie “dis ’n treurige toetspunt” nie”.

Wat jy kan doen om jou kind se selfbeeld te verbeter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Aanvaar die kind onvoorwaardelik sodat hy homself kan aanvaar. Help hulle om hul uniekheid te waardeer en nie soos iemand anders te probeer wees nie.
  • Gee erkenning. Wees ’n bron van jou kind se sterk punte, vertel oulike staaltjies oor hom. Vertel wat jy waardeer en geniet – nie net van hul prestasies nie.
  • Skep vir hulle geleenthede om hulself as uniek en bevoeg te ervaar – laat hulle iets anders doen: boogskiet, perdry, fiks raak, ’n troeteldier kry, inskryf vir ’n duikkursus, kunsklasse of vioollesse.
  • Gee hulle uitdagings om hul grense oor wat hulle van hulself dink en glo te verskuif. Almal wat iets regkry wat hulle gedink het hulle nie kan doen nie, voel goed oor hulself.
  • Moenie te gou help met dinge wat hulle nie kan doen nie, of hul vrae antwoord nie. Laat hulle eers dink en probeer – en toon respek vir hul pogings.
  • Wees vinnig om hulle te prys en stadig met die kritiek. Prys hulle vir hul insette en nie vir die resultaat nie. Ouers moet kinders help en leiding gee. Die tydsberekening hierin is dikwels belangriker as die kritiek of leiding en bepaal of hulle dit as kritiek of hulp beleef – of dit hul selfbeeld bou of breek. Laat die kind eers deur die teleurstelling werk. Vra liewer later as die emosie van die situasie verby is vrae soos: Wat sal jy volgende keer anders doen? Dan fokus jy op die oplossing en nie op die probleem nie. En die kind neem die verantwoordelikheid en voel hy kan iets doen.
  • Leer haar om haar met haarself te vergelyk. As sy beter as die vorige keer presteer het, het sy uitstekend gedoen ongeag of sy eerste, derde of laaste gekom het. Kinders raak moedeloos as hulle so hard probeer en dit is nie goed genoeg nie.
  • Help hulle om met balans te lewe. Hulle behoort reg en genoeg te eet, genoeg te rus, te ontspan en gereeld te oefen. Dan lyk jy goed en voel jy goed.
  • Help hulle om kritiek te hanteer deur daarna te luister, veranderinge te maak indien nodig en die res te vat van wie dit kom.
  • Help hulle om weg te doen met sinnelose selfkritiek deur positiewe selfspraak – om positiewe dinge van hulself te dink en te sê. Dis iets anders as spog.
  • Leer hulle dat daar altyd ’n plan gemaak kan word. En respekteer hul pogings. Moenie dit altyd probeer verbeter nie.
  • Beskerm jou kind teen afbrekende kritiek en opmerkings van ander – veral boeties en sussies: “In ons huis praat ons nie so met mekaar nie.” Leer hulle dat alle mense en lewe respek verdien.
  • Leer hulle waardes met ’n sin-dimensie – dat daar altyd iets of Iemand is om in te glo, voor te hoop en lief te hê! En wat hulle ook liefhet.

Lees ook: Maak geldslim kinders groot

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.