kategorieë: Bekendes

Brad Pitt & Angelina Jolie gaan skei

Een van Hollywood se mooiste en mees suksesvolle vroue, Angelina Jolie, het Maandag haar man, die ewe bekende akteur Brad Pitt, om ’n egskeiding gevra. Angelina se prokureur het die nuus aan die Associated Press bekendgemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Angelina en Brad (ook bekend as Brangelina) was vir twee jaar getroud en het saam ses kinders: Maddox, Pax, Zahara, Shiloh, Vivienne en Knox.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Angie wil volle toesig oor die kinders hê nadat sy beweer daar is onversoenbare verskille tussen haar en Brad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bronne na aan die paartjie sê die egskeiding is as ’n gevolg van Brad se ouerskap-metodes en sy dagga- en alkohol-verbruik.

Brad het die nuus in ’n verklaring aan People Magazine bevestig: “Ek is baie hartseer, maar die welsyn van ons kinders is nou belangriker. Ek vra die pers om hulle asseblief die spasie te gee wat hulle in hierdie moeilike tyd verdien.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Angelina se prokureur het elders in ’n verklaring aan Reuters gesê: “Die besluit is vir haar familie geneem. Sy sal nie nou beskikbaar wees vir kommentaar nie en versoek dat haar familie hul privaatheid gegun word in hierdie tyd.”

Die paartjie het in 2005 begin uitgaan nadat hulle die trefferfliek Mr. & Mrs. Smith verfilm het. Hulle het in 2012 verloof geraak en is in 2014 getroud.

Bron: Huffington Post

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.