Brad Pitt skitter in Ad Astra deur Corlia Fourie. Foto’s verskaf deur Nu Metro/ 20th Century Fox
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Daar is deesdae al hoe meer belangstelling in ruimtereise, waarskynlik omdat dit nou lyk of dit dalk binnekort binne bereik van gewone mense gaan wees. In 2021 bv. sal dr. Adriana Marais (Suid-Afrikaanse teoretiese fisikus) saam met haar Proudly Human-span vir die hele winter (nege maande) in Antarktika gaan deurbring ter voorbereiding van die eerste buite-aardse nedersetting.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }AD Astra (Latyn vir “na die sterre”) is die naweek in die spesiale Nu Metro 4DX-teaters uitgereik, asook in gewone fliekteaters landswyd. Wanneer die verhaal begin, leef ruimtereisiger Roy McBride (puik vertolk deur Brad Pitt) in die skadu van sy legendariese pa Clifford (Tommy Lee Jones). Hy is melankolies, in ’n tyd dat ruimtereise ordinêr geword het, veral omdat Clifford hom as kind verlaat het. Clifford het nie net vir Roy nie, maar inderdaad die aarde verlaat om in ’n ver deel van ons sonnestelsel – in ’n ruimtestasie anderkant Neptunus – na kunsmatige intelligensie te gaan soek. Clifford het alle kommunikasie met sy seun en ook met almal op aarde verbreek en niemand weet eintlik wat hy doen en of hy nog leef nie.
Toe elektriese golwe uit die ruimte die aarde tref en verwoesting saai, moet Roy na sy pa gaan soek. Dié soektog is vir pragtige ruimtetonele sowel as heelwat spanning verantwoordelik. Daar is onder meer ’n roekelose gejaag met maan-buggies en onverwagse aaklige dinge in die ruimte.
Anders as baie ander onlangse ruimteprente wat bitter vreemde wêrelde optower, is die tonele in dié prent geloofwaardig. Tonele wat op die maan verfilm word, lyk soos foto’s van die maan wat ons al almal gesien het.
Die 4Dx-teaters met spesiale bewegende stoele en effekte soos blitse, water, wind en mis om die kyker te laat voel asof hy binne-in die aksie is, is in die Nu Metro Waterfront (Kaapstad), The Pavilion (Durban), Menlyn Park (Pretoria), Hyde Park Corner en Emperors Palace (Johannesburg) en Cornubia Mall (Umhlanga/Mount Edgecombe).
As jy elke paar sekondes vreemde wêrelde en avontuur verwag, is dit dalk nie die prent vir jou nie. Maar as jy ’n goeie spannende rolprent met voortreflike kamerawerk en goeie spel sowel as ’n geloofwaardige verhaal wil beleef, is dit ’n prent wat jy nie moet misloop nie.
Brad Pitt skitter in Ad Astra
Loer hier na die amptelike lokprent
Vir nog lekker doendinge, loer hier
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.