Bestanddele
- 500 g jong wortels met hul groen stingeltjies nog aan
- 60 g botter
- 60 ml (¼ k) heuning
- 60 ml (¼ k) brandewyn
- vars heuningkoek (opsioneel, dis net as jy dit kan kry, vir die mooi)
- 250 ml (1 k) mascarpone
Metode
- Kook die wortels vir 2 min. in borrelende kookwater. Dreineer dadelik.
- Smelt die botter en heuning in ’n groot pan. Braai die wortels vir 2 min. in die heuningbotter tot hulle goed bedek is.
- Gooi die brandewyn by en kook vir 5 min. af.
- Lig die wortels met ’n gaatjieslepel uit die pan en sit op ’n opdienbord.
- Kook die brandewynsous tot stroperig en gooi net voor opdiening oor die wortels.
- Sit met skeppies mascarpone en stukke heuningkoek voor.
