
Bruinsuiker meringue
Rooi Rose Deel Twiet Deel Druk E-pos Gebak Bruinsuiker meringue European Druk resep
Genoeg vir: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Bestanddele
1 middelslag-meringue
4 groot eierwitte, by kamertemperatuur
250 ml (1 k) Selati-demarera bruinsuiker
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) goeie koffiepoeier
80 g gepreserveerde gemmer in stroop, dun gesny
Voorverhit die oond tot 100 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Metode
- Klop die eierwitte in ’n elektriese menger tot dit stywe punte vorm. Voeg 1/3 van die suiker by en klop vir 1-2 min. tot dik en glansend.
- Voeg die res van die suiker by terwyl die menger aangeskakel is. Hou aan klits tot dik en skuimerig en tot dit weer stywe punte vorm.
- Skep die meringue op die voorbereide bakplaat. Vorm dit met die agterkant van ’n paletmes in ’n sirkel.
- Bak vir 1-1½ uur tot krakerig. Maak die oonddeur ná sowat ’n uur oop sodat die meringue nie brand nie. Droog nog ’n bietjie in die afgeskakelde oond uit tot krakerig. As dit nog baie sag is, kan jy die temperatuur tot 50 °C verlaag en dit verder laat uitdroog.
- Laat die meringue afkoel, lig versigtig van die bakpapier op en sit op ’n mooi dienbord.
- Klop die room en vou die koffiepoeier in. Skep op die afgekoelde meringue met die gepreserveerde gemmer bo-op.
Rooi Rose
Lees Meer
Hoender-ramen met soja-gepekelde eiergele
11/12/2019
Oosterse eendpannekoeke
09/12/2019