genoeg vir 4
Panko is Japanse broodkrummels. Die groot vlokkies bak lekker krakerig en goudkleurig.
• 2 groot uie, dik gesny
• 100 g koekmeel
• 30 g mielieblom
• sout en swartpeper
• 1 eier
• 180 ml (¾ k) melk
• 100 g panko-broodkrummels (kry dit by Woolies, of gebruik vars broodkrummels)
• sonneblomolie vir diepbraai
• seesoutvlokkies
1 Meng die koekmeel en mielieblom in ’n vlak mengbak. Geur met sout en swartpeper.
2 Klits die eier en melk in ’n ander vlak mengbak. Sit die broodkrummels in ’n ander vlak bakkie.
Voorverhit die olie in ’n diep kastrol of groot pan tot 190 °C.
3 Bedek die uieringe in sarsies met die meelmengsel, dan die eiermengsel en druk laastens in die broodkrummels tot die uie goed bedek is.
4 Braai die uieringe vir 2-4 min. in die olie, of tot goudkleurig en krakerig. Dreineer op kombuispapier en geur met seesout.
Klik hier vir die beste frikkadelle en burgerbroodjies
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
genoeg vir 4
• 2 avokado’s, geskil en in blokkies gesny
• 100 g kersietamaties, in blokkies gesny
• ½ rooi-ui, fyn gekap
• 1 groen brandrissie, fyn gekap
• hand vol koljander, fyn gekap
• uitgedrukte sap van 2 lemmetjies of
1 suurlemoen
1 Meng al die bestanddele liggies en geur met sout na smaak.
genoeg vir 4
• 2 groot aartappels
• sonneblomolie vir diepbraai
• seesout
1 Voorverhit die sonneblomolie in ’n diepbraaipan of groot pan tot 190 °C.
2 Sny die aartappels met ’n mandoliensnyer of skerp mes in baie dun (9 mm) skywe. Sny die aartappelskywe dan in dun repies.
3 Braai die aartappelskyfies vir 5-6 min. of tot goudbruin in die olie. Dreineer op kombuispapier. Geur met seesout.
genoeg vir 4
• 1 wortel, geskil en in dun repies gesny
• 1 rooi beet, geskil en in dun repies gesny
• ½ klein rooikool, dun gesny
• ½ klein groenkool, dun gesny
• ½ rooi-ui, dun gesny
• hand vol koljander, fyn gekap
• 15 ml (1 e) sojasous
• 15 ml (1 e) soetrissiesous
• 5 ml (1 t) lemmetjiesap
1 Meng die wortels, beet, kool, rooi-ui, koljander, sojasous, soetrissiesous en lemmetjiesap in ’n mengbak.
genoeg vir 4
• 10 ml (2 t) appelasyn
• 15 ml (1 e) suiker
• 6 radyse, dun gesny
• ½ rooi-ui, dun gesny
• 4 babakomkommers, in linte geskil
1 Meng die appelasyn en suiker in ’n klein kastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en haal van die hitte af.
2 Meng die radyse, rooi-ui en komkommer in ’n bakkie. Voeg die asynmengsel by en meng goed deur.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.