kategorieë: Blogs

Bygelowig in ’n oogwink

My regteroog spring al sedert die naweek. Gevolglik dink die gawe middeljarige man agter die poskantoortoonbank, die jong student by die DVD-winkel en die oom wat die skolierpatrollie by die sebrastrepe behartig, ek het, wel, ’n ogie op hulle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My kinders glo my ook glad nie as ek met hulle raas nie, want Mamma knipoog dan só vriendelik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Manlief meen dis spanning wat my ooglid so laat bokspring. Na bykans veertien jaar se getroude lewe glo die arme man seker nie meer aan die romantiek van fladderende ooglede nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Kuberdokter op health24.com sê ’n springende oog word dikwels deur die ooreising van die spier veroorsaak. Sy skryf ’n warm waslappie en spierverslapper voor.

Ek hét die laaste tyd min geslaap en baie ure voor die rekenaar deurgebring, so dalk is dit bloot ooreising.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het iewers gelees dat dit saakmaak watter oog spring. ’n Linkeroog beteken glo goeie geluk is om die draai en moontlik kom iemand wat jy lanklaas gesien het, boonop kuier. ’n Springende regteroog sê egter dat moeilikheid jou gaan bespring.

Gewoonlik neem ek sulke bygelowe met ’n (oog-)knippie sout.

Maar, ek sorg dat daardie knippie sout oor die linkerskouer gegooi word, want ek soek nie onnodig skoor met die noodlot nie.

Ek ken iemand wat reeds aan die begin van ’n nuwe jaar met die kalender gaan sit en haar verlof sorgvuldig beplan rondom elke “Vrydag die Dertiende”. Sy vat nie kanse met dié beweerde ongeluksdag nie – sy maak dit eerder ’n langnaweek vir die wis en onwis.

Volgens Wikipedia is daar wêreldwyd geboue wat nie ’n dertiende vloer het nie. Dit kan wees weens die bouer of eienaar se triskaidekafobie, oftewel “dertienvrees”, of ’n poging van die gebou se eienaar om probleme wat weens bygelowige huurders kan ontstaan, te voorkom.

In die eerste omvattende woordeboek oor bygelowe in Afrikaans, “Bygelowe en waar hulle vandaan kom”, verduidelik die skrywer Anton F. Prinsloo dat bygelowe van kultuur tot kultuur verskil. So het geboue in Oos-Asië glad nie ’n vierde verdieping nie, en geboue in Hong Kong geen verdieping met ’n syfer vier daarin nie – dus geen verdieping 4, 14, 24, 34 en 40 tot 49 nie. “Baie mense in China, Korea en Japan ly aan tetrafobie en het ’n vrees vir die syfer vier. Dit bring onheil, glo hulle.”

Gelukkig vir Japan se rugbyspan dus dat dit ’n “drie” genoem word en nie ’n “vier” nie – anders het die Bloeisels nie die Bokke so lekker ore aangesit die naweek nie.

’n Oud-kollega van my het hoog en laag gesweer sy motor wat al vir jare kort-kort breek, is vanweë sy vrou wat jare gelede per ongeluk te hard met haar haarborsel teen die truspieëltjie gekap en dit gekraak het. Nadat ek ’n slag saam met hom gery het, vermoed ek dis dalk eerder die feit dat hy so aan’t gesels raak sodra hy wegtrek en vergeet om die motor in ’n hoër rat as tweede te sit, wat die sewe jaar voertuigteenspoed veroorsaak.

So glo baie mense ’n swart kat wat jou pad kruis en ’n uil op die dak voorspel verdere onheil. Ek gaan nou nie die noodlot tart nie, maar ons het al jare lank ’n groot gevlekte ooruil wat saans digby ons kamervenster kom gesels. Nog nooit het sy vriendelike hoe-hoe my onrustig gestem nie. Maar, wie weet, dalk is dit hoekom hy kort-kort terugkom na die blonde inwoners wat nie sy boodskap kleinkry nie.

Vir my ooreisde oogspier gaan ek egter nou maar eers ’n uiltjie knip. En hoop die oog hou op knip.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.