kategorieë: Ons menseBekendes

Charlenè Brouwer se stem in ikoniese film te hoor

Jou rol in Heidi is die eerste keer wat jy stemwerk vir ’n film doen. Hoe het jy dit ervaar?

Ek dink Henriëtta het die ervaring vir my so maklik gemaak. Sy is ’n baie goeie regisseur en weet presies wat nodig is en wat sy wil hê. Ek hou daarvan om te weet of dit wat ek doen reg of verkeerd is. Dit was ’n heerlike ervaring. Ek stel beslis meer belang in stemwerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is kinderfilms ’n bedryf waarin jy graag meer betrokke sal wil raak?

Almal wat my ken weet hoe gek ek oor kinderfilms is. Ek kyk elke nuwe kinderfilm en ken meeste kinder TV-programme. Ek gaan nog eendag ’n kinderfilm maak. Dis op my lysie om te doen. Kinders is die mees opregte gehoor en hul gejuig en emosies is baie naby aan my hart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het jou rol in Heidi jou as mens geraak?

Die lewe beïnvloed mens se daaglikse planne. Ek dink Heidi het my meer as persoon beïnvloed om te glo dat ek ander dinge uit my gemaksone moet probeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Was jy ’n Heidi-aanhanger toe jy jonger was?

Genade! Ek was seker die grootste aanhanger in Sannieshof! Ek dink Heidi is die rede dat ek so lief vir kaas is! Veral as sy en Oupa die kaas so gesmelt het.

Hoe het jy vir jou rol voorberei?

Ek het my stem goed opgewarm en oefeninge gedoen maar ek het groot geword met Heidi en Klara. Ek het hul storie geleef van kleintyd af en geglo ek is in die berge met die bokkies.

Hoe, dink jy, sal Suid-Afrika dié weergawe van Heidi geniet?

Ek dink dit het steeds al die elemente van die oorspronklike storie. Die nostalgie van my generasie, maar die onskuld van kinders wat selfs nog vandag met die karakters se vriendskappe kan vereenselwig. Dis ’n ongelooflike storie oor liefde en vriendskap wat nooit uit die mode sal gaan nie.

Wat het jy die meeste van jou stemwerk geniet?

Ek het dit geniet om die “slurp” geluide te maak en ek moes ook vreeslik lag.

Kan ons jou in enige toekomstige projekte verwag?

Ek is vanjaar by die Silwerskermfees waar ek in ’n kortfilm speel en ook ’n dokumentêr se regie behartig. Ek was hierdie jaar meer agter die skerm as voor.

Die volgende groot projek is ’n film met die naam “Kamphoer” gebaseer op die boek. Dit word vervaardig deur Niel van Deventer en ons produksiemaatskappy, Palama Produkies. Dit sal volgende jaar begin verfilm.

*Heidi word op 2 September, landswyd in teaters vrygestel.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.