Chia is ’n wondersaadjie en ’n baie goeie bron van kalsium, kalium en omega-3. Chia beskerm die hart deur inflammasie, bloeddruk en cholesterol in toom te hou. Die saadjies kan op dieselfde manier as sago gebruik word.
Bestanddele
Genoeg vir 4
- 250 ml chiasaad
- 650 ml klapperroom
- 45 ml (3 e) heuning
- knypie sout
- 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- 250 g aarbeie
- 125 g bloubessies
- 10 g Erythritol
- 500 g kersies, middeldeur gesny en ontpit
- 125 g mascarpone-kaas
- 125 ml (½ k) room
Metode
- Meng die chiasaad, klapperroom, 30 ml heuning, sout en vanielje in ’n mengbak. Hou eenkant.
- Meng die aarbeie, bloubessies en Erythritol in ’n mengbakkie en verwerk met ’n handmenger tot glad.
- Skep die vrugtesous in vier 250 ml-bakkies.
- Vul met die chiasaadmengsel en kersies. Sit vir 4 uur of oornag in die yskas.
- Klits die mascarpone, room en res van die heuning tot lig en donsig.
- Skep op die poedinkies.

