kategorieë: Kos

Chorizo-hoender

Genoeg vir 6-8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir dié resep moet jy ’n die ware jakob koop – net regte chorizo gee geur en smaak aan die gereg. Woolworths en deli’s, asook uitgesoekte spar-winkels het regte, egte chorizo. Dis is ’n lekker, geurige maaltyd in een bak!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 hande vol baba-aartappels
15 ml (1 e) gerookte paprika (of gewone paprika as jy dit nie kan kry nie)
15 ml (1 e) olyfolie
8 hoenderdytjies
20 cm-chorizoworsie, oorlangs in skywe gesny
8 heel knoffelhuisies met die skil
hand vol tiemietakkies
sout en gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) olyfolie
2 hande vol kersietamaties
hand vol orego-blare

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 200 °C.
1. Kook eers die aartappels in soutwater tot net sag en dreineer. Hou eenkant. Meng die paprika en olie. Sny kepe in die vel van die dytjies en smeer die paprikamengsel in die kepe en reg rondom. Druk ’n skyfie chorizo in elke keep.
2. Pak die hoender saam met die knoffel en tiemie in ’n groot oond-pan. Sny die aartappeltjies in die lengte middeldeur en sit hulle ook in die oondpan. Geur na smaak. Gooi die olyfolie oor die hoender en aartappels. Bak vir 40 min. of tot gaar en goudkleurig.
3. Voeg die kersietamaties by en bak vir nog 20 min. of tot die tamaties begin oopbars en die hoender gaar is.
4. Strooi oregoblare oor en sit dadelik voor.

English recipe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Chorizo chicken

Serves 6-8

For this recipe you need to buy the real thing – chorizo gives flavor to the dish. Woolworths and delis and selected Spar stores stock real chorizo. It is a nice, spicy meal in a bowl!

2 handfuls baby potatoes
15 ml (1 tbsp) smoked paprika (or regular paprika if not available)
15 ml (1 tbsp) olive oil
8 chicken thighs
20 cm chorizo sausage, diagonally sliced
8 whole garlic cloves with peel
handful of thyme sprigs
salt and ground black pepper
30 ml (2 tbsp) olive oil
2 handfuls of cherry tomatoes
handful of oregano leaves

Preheat the oven to 200 ° C.
1 Boil the potatoes first in salted water until just tender and drain. Set aside. Combine the paprika and oil. Cut notches in the skin of the thighs and spread the paprika mixture into the notches. Stick a slice of chorizo in each notch.
2 Add the chicken along with the garlic and thyme to a large oven pan. Cut the potatoes in half (lengthwise), and lay them in the baking dish. Season to taste. Pour the olive oil over the chicken and potatoes. Bake for 40 min or until cooked and golden.
3 Add the cherry tomatoes and cook for another 20 minutes or until the tomatoes begin to burst open and the chicken is cooked.
4 Sprinkle with oreganum leaves and serve immediately.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.