kategorieë: KosSomerkos

Choux-kerskranse

Lewer sowat 9 kranse

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 100 g (160 ml) koekmeel
  • 175 ml water
  • 75 g botter
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 3-4 eiers
  • 100 g gerasperde gruyère
  • 1 eier
  • 2,5 ml (½ t) sout

Vulsel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 250 g roomkaas
  • 30 g grasuie, fyn gekap
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 200 g gerookte salm

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en sit ’n ronde 1,25 cm-spuitpunt op ’n spuitsak.
  2. Sif die meel op ’n stuk bakpapier. Bring die water, botter en sout in ’n bedekte kastrol tot kookpunt.
  3. Trek van die hitte af en gooi dadelik die meel by. Klop vir 30-60 sek. met ’n houtlepel tot die mengsel glad is en van die kante van die kastrol wegtrek. Klop vir nog 30-60 sek. oor lae hitte om die mengsel verder uit te droog.
  4. Klop die eiers een vir een met ’n houtlepel by. Wag tot die eerste eier goed ingemeng is voor jy die volgende een byvoeg. Klop tot die mengsel glad en glansend is en dit net van die lepel afval.
  5. Voeg die kaas by en meng goed. Skep die deeg in die spuitsak en spuit nege 7 cm- sirkels op die voorbereide bakplaat.
  6. Meng die eier en sout saam en verf die deeg daarmee. Bak vir 35-40 min. Laat dit effens op die bakplaat afkoel. Pak op ’n draadrak en laat verder afkoel. (Verhit die kranse net voor opdiening vir 2-3 min. in ’n warm oond.)
  7. Vulsel: Klop die roomkaas in die bak van ’n elektriese staanmenger tot lig en donsig. Gooi die grasuie en sout by en klop tot dit deurgemeng is. Skep in ’n spuitsak met ’n sterpunt.
  8. Sny die kranse oop en vul met lappies gerookte salm en gegeurde roomkaas.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

18 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

20 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

21 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

22 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

23 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.