kategorieë: KosSomerkos

Geroosterde aartappel-en-spek-slaai

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is mal oor ’n geposjeerde eier maar as dit na te veel werk klink, kan jy die eiers net sag kook, afdop en in kwarte in die slaai sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

6 aartappels, in wiggies gesny
sout en gemaalde swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Slaaisous
125 ml (½ k) olyfolie + ekstra om vir die bakslag oor die aartappels te sprinkel
45 ml (3 e) balsemiekasyn
30 ml (2 e) Dijon-mosterd
5 ml (1 t) heuning
250 g swoerdlose repiesspek
2 hande vol babaspinasieblare, gewas
4 eiers, sag gekook en afgedop

Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Pak die aartappelwiggies in ’n oondpan, geur na smaak en sprinkel ’n bietjie olie oor. Bak vir sowat 30 min. tot goudbruin, bros en gaar.
2 Meng intussen die olie, asyn, mosterd en heuning tot goed gemeng. Geur die slaaisous na smaak en hou eenkant.
3 Braai die spek tot bros in ’n verhitte pan.
4 Sit die spinasie in ’n slaaibak en voeg die warm aartappels en spek by. Gooi die slaaisous oor en meng deur. Sit die eiers bo-op en smul.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.