kategorieë: KalenderOntspanning

Clue Room se tweede seisoen is nou by Tygervallei-winkelsentrum

Indien jy jouself ’n hedendaagse Sherlock Holmes ag, klop dan aan een van die Clue Room-deure om jou raaiseloplossingsvaardighede op die proef te stel. Clue Room is ’n prettige ontsnappingsspel waar jy en 5 vriende een uur kry om al die leidrade uit te werk wat julle sal help om die kamers se deure oop te sluit en om die finale geheim te onthul.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is twee nuwe raaisels wat opgelos moet word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die Zombie Apocalypse-raaiselkamer moet julle die kuur vind wat Professor Gift Ndlovu en Dr Lauren du Bois van die Suid-Afrikaanse Siektebeheersentrum ontwikkel het voordat hulle spoorloos verdwyn het. Hierdie kuur neutraliseer ’n dodelike siekte wat in Pretoria uitgebreek het – en jy en jou vyf vriende moet dit vind voordat 90% van die populasie hierdie siekte aansteek en uiteindelik doodgaan. Jul enigste hoop is om pasiënt-nul te vind en om ’n manier te vind om die mensdom te red …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die Underworld-raaiselkamer word julle in die diep en donker uithoeke van die Cango-grotte gewerp en waar julle in die slymerigste tonnel sal afgly om die vreemde verhaal van Garvey Lytle en sy misterieuse geluksteentjie moet oplos om ’n jong man se lewe in die ander kamer te red. Tree in Garvey se verbeelding in – ’n vreemde plek van simbole, raaisels en wegkruipplekke – om die geluksteen te vind sodat julle dit kan teruggee aan die geraamte-hand wat verseker dat julle die jong man red.

Terwyl beide kamers groot pret sal wees vir die hele gesin, is daar egter ’n ouderdomsbeperking van 13 en ouer geplaas op die Zombie Apocalypse-raaiselkamer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Clue Room is oop sedert Desember 2017 en sluit 11 Maart 2018. Kaartjies vir Clue Room is beskikbaar by Computicket en kos R80 per persoon. Clue Room is daagliks oop tussen 10h00 en 20h00 by die Tygervallei winkelsentrum. Bespreek betyds kaartjies om teleurstelling te vermy.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.