kategorieë: Leef gesondGesondheid

Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen

Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Sergei Gnatiuk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die een of ander tyd moet jy gaan inkopies doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mense het een van twee reaksies, lyk dit uit die dosyne boodskappe wat op sosiale media rondgaan en waaroor nuusprogramme berig: angs of onverskilligheid.

Die meeste van ons se reaksie val iewers tussenin op die spektrum, maar vir party voel dit wanneer hulle dit in ’n winkelsentrum inwaag so goed asof al die leeus in die Krugerwildtuin hulle gelyktydig gaan bespring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ander stap ewe braaf rond, sonder maskers en handskoene, en vee nie eers hul trollies af nie.

Hierdie klompie het seker geen vrae nie terwyl die eerste groep hulle moontlik oor te veel dinge kwel. Tog het ons almal vrae oor hoe mens inkopies doen tydens die Covid-19 pandemie.

Lees ook: Die verskil tussen Covid-19, griep en verkoue

Om op hoogte te bly van die Covid-19-pandemie, klik hier.

Moet ek ’n masker dra as ek inkopies doen? Is ’n tuisgemaakte masker goed genoeg?

Dit bly ’n besprekingspunt. Hier is die verskillende menings. En ja, dit lyk asof dit nie kan skade doen nie.

Doctors on Call Helpline (Nota: jy kan hulle kontak op 087 0550 234 met enige vrae oor covid-19.)

Op my persoonlike navraag het hulle gesê dit is veiliger vir jou en vir almal in die winkel as jy wel ’n masker dra. Dit is eintlik veiliger omdat dit keer dat jy jóú kieme na ander oordra. As almal maskers dra, hou elkeen hul kieme weg van ander mense – en so verlaag ons die risiko in openbare plekke oor die algemeen. Aangesien mense van 2-14 dae aansteeklik kan bly sonder om simptome te hê maak dit dus baie sin.

Lees ook: Die 5 beste oefeninge wat jy nou by die huis kan doen

Netcare

Mediese maskers word nie aanbeveel vir die algemene publiek nie, volgens hul webwerf. Die rede? Dit ontneem mediese personeel – dokters en verpleegpersoneel wat werklik in die voorste linie staan – van kosbare maskers. Netcare sê wel dat mense wat hoes en nies of self Covid-19 het en tuis versorg word, ’n masker moet dra. Jy moet ook ’n masker dra as jy iemand versorg wat Covid-19 het.

Maar kyk wat sê Netcare verder: Sou ’n mediese masker nie beskikbaar wees nie kan ’n serp of kopdoek ook effektief wees om te keer dat kieme versprei as mens praat, hoes of nies en sodoende beskerming verleen.

As jy iemand versorg wat Covid-19 het, of moontlik het, is ’n serp of kopdoek ook ’n alternatief vir ’n masker.

Kortom, hou eerder mediese maskers vir noodsaaklike gebruik. Daar is nie genoeg gesigmaskers nie, en ons eie risiko is klein. Ons moet die regte mediese maskers gun vir dié met die hoogste risiko.

Navorsing

Daar is nog min inligting beskikbaar oor die huidige Covid-19 uitbraak maar ’n ondersoek na die 2003 SARS-uitbraak het die volgende gevind:

  • Mense wat hul hande 10 keer of meer per dag was se risiko is 55% minder om siek te word
  • ’n Masker was inderdaad doeltreffender, en het jou kans met 68% verminder
  • Handskoene het jou risiko met 56% verminder – soveel as ’n masker

Dit maak dus sin dat ’n masker en handskoene jou risiko beduidend verminder.

Die WGO

Hulle is gekant teen die gebruik van maskers deur gewone mense. Die WGO wys daarop dat ’n masker niks help as jy nie óók jou hande was en ‘social distancing’ toepas nie.

Discovery Health

Hulle sê op hul webwerf daar is geen bewyse dat die dra van ’n masker gewone mense teen infeksie sal beskerm nie. Hulle beveel maskers aan vir mense met verdagte verkouesimptome (hoes, nies, swaar asemhaling, moegheid en koors) en vir die tuisversorgers van siekes.

Lees ook: Kry 70% afslag op ons digitale April-uitgawe

Om op te som

Dit lyk asof daar genoeg inligting ten gunste van ’n masker is, mits jy onthou dat ‘social distancing’ en handewas selfs noodsaakliker is.

Maar moenie mediese maskers van ons mediese personeel ontneem nie, want so stel jy hul lewens in gevaar. As jy sou siek word wil jy self juis op hulle kan staat maak om jou hierdeur te kry.

Dink liewer aan tuisgemaakte maskers. As jy ’n tuisgemaakte masker maak, maak een met ’n gleufie waarin jy ’n snesie, ’n velletjie handdoekrol of selfs ’n paar velle dubbelgevoude toiletpapier kan insit. Sulke maskers verskaf nie topgraad veiligheid nie maar beskerm jou ten minste deels teen ander se hoesdruppels.

Dit keer beslis dat jy met jou hande aan jou gesig raak en so die virus van besmette oppervlaktes na jou gesig dra. Die belangrikste voordeel is dat elkeen sy eie kieme tot homself beperk.

Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen

Lees ook: Ons het ’n nuwe podsendingreeks vrygestel vir die inperkingstyd waar ons by verskeie mense hoor hoe hulle die inperking ervaar. Klik hier, of klik op die pienk speelknoppie om te begin luister:

Moet ek handskoene ook dra as ek winkels toe gaan?

Soos hierbo verduidelik help handskoene ook. Maar hierdie navorsing is in ’n hospitaalopset gedoen. As jy dus winkel toe gaan en oral vat is die handskoene net so ’n goeie landingsplek vir alle kieme op die oppervlaktes waaraan jy raak.

Kenners waarsku juis dat handskoene mense ’n vals gerustheid kan gee.

Daar is goeie rede om nie handskoene te dra nie: jy kan jou hande goed ontsmet by die meeste winkels. En daarby is handskoene noodsaaklik vir mediese personeel wat geen alternatief het nie en aan baie meer risiko bloot gestel is as ons self.

As jy handskoene dra, onthou om hulle ook te ontsmet sodra jy die winkel binnegaan en uitgaan – en sommer by die betaalpunt ook voor én na dat jy die kaartmasjien gebruik het. Gooi hulle in ’n vuilgoedblik voor jy jou eie terrein (jou motor of jou huis) betree.

Maak so: ontsmet jou gehandskoende hande; trek die handskoene uit; gooi hulle in ’n vuilgoedblik of sak waarvan jy tuis ontslae kan raak.

Lees ook: Vaar jou klerekas in tydens die inperking – hier is 10 dinge wat jy nou moet doen

Kan Covid-19 in kos oorleef? Kan ek die Corona-virus aansteek deur wat ek eet?

Nee, nie eintlik nie.

Jou risiko is klein om Corona-virus van kos af op te tel. Onthou, kos sélf is skoon.

Organsimes wat voedselbesmetting veroorsaak (onthou jy daardie listeria-uitbraak?) kan in kos vermeerder; Covid-19 kan doodeenvoudig nie.

Dit vermeerder net in mense, en moontlik ander warmbloedige diere.

Daarby vernietig die gaarmaak-proses – kook, stoom braai en mikrogolf – die covid-19 virus totaal. Jou broccoli is so gesond soos altyd.

Jy het eerder twee ander risiko’s: die houers waarin kos verpak word en jou medekopers.

Lees ook: Ontklotter jou huis en lewe met hierdie metode

Ek hoor Covid-19 kan dae lank op die houers waarin kos verpak is, oorleef?

Dit kan wel gebeur.

Maar die risiko is vermoedelik klein, terwyl risiko weens handbesmetting en nou sosiale kontak sonder enige twyfel werklik bestaan en werklik groot is.

Onthou ook dat kosfabrieke in ons land voldoen aan die hoogste internasionale standaarde. Die probleem is nie dat kos ‘vuil’ in die supermark inkom nie. Dit gaan oor verdere hantering. Maar personeel word aangemoedig om hul hande gereeld te reinig, en alle oppervlakke word voortdurend skoon gemaak, verklaar al ons supermarkte op hul webwerwe. Winkels doen dus alles moontlik om skoon kos aan ons te verskaf.

Die risiko waaraan die winkels niks kan doen nie, lê letterlik in die hande van jou medekopers – mense wat items optel en terugsit en hul kieme daarop agterlaat.

Onthou die Covid-19 virus moet steeds van ’n besmette item by jou neus uitkom om te kan begin vermeerder en siekte te veroorsaak. Daarom bly handreiniging en ‘social distancing’ die belangrikste beskerming waarvoor jy kan sorg.

Nogtans, as die virus dan op koshouers sou kon beland, hoe lank kan dit daarop oorleef? ’n Artikel in die New England Journal of Medicine het ondersoek hoe goed Covid-19 oorleef verskillende oppervlakke. So lyk die bevindings:

  • 72 uur op plastiek
  • 48 uur op staal (dink aan werksoppervlakke soos by slaghuise en messegoed)
  • 8 uur op koper
  • 4 uur op karton

Aangesien kos verpak word in plastiek, plastiekbedekte karton en karton beteken dit vir ons as verbruikers dat die virus kan oorleef op alles waarin ons kos verpak is. Dit behoort teoreties ook te kan oorleef op vrugte en groente wat gehanteer is deur mense wat Covid-19 dra.

Lees ook: ’n Kenner gee raad om die inperking te hanteer: klik hier of op die pienk speelknoppie

Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen

Moet ek alle kos wat ek in die huis inbring ontsmet?

Die Amerikaanse CDC sê dis onnodig om jou kruideniersware af te spoel voor jy dit wegpak, aangesien daar geen bewyse is dat mens so siek geraak het nie. Feit is dat daar ook nog geen ondersoeke gedoen is om dit te bewys of te weerlê nie.

Hoe gemaak? Party bronne beskou die volgende as oordrewe; ander glo dit is ’n kwessie van gesonde verstand. Lees deur, en kyk watter stappe – of dalk almal – vir jou werk.

Vooraf:

  • Sorg vir ’n wasstasie in waar jy jou werf betree, sodat jy kan hande was voor jy in die huis terugkom. (Hierdie een behoort almal te doen.)
  • Verdeel jou kombuistoonbank of tafel in twee met maskeerband – een kant vir alles wat jy van die winkels af inbring en een kant waarop jy alles neersit nadat jy dit skoongemaak het. (Hierdie een is vir oorversigtiges en vir mense met rede tot kommer, soos ’n groot styging in syfers in jou omgewing of omdat jy ten alle koste weens persoonlike risikofaktore Covid-19 moet vermy.)

By die winkel

  • Reinig jou winkeltrollie se handvatsels en jou eie hande voor jy die winkel binnestap.
  • Hou terwyl jy koop ‘n afstand van 2-3 meter tussen jou en ander mense.
  • Koop liewer klaarverpakte groente as onverpakte groente, wat moontlik deur ander winkelgangers hanteer is.
  • Moenie items optel en terugsit nie. Vat een keer en vat raak.
  • Pak self jou kruideniersware in die winkel in en ook in jou motor. Dit beteken minder hande.
  • As jy kan, tik (tap) liewer jou kaart as om jou pin in te tik. Indien jy jou kaart en die kaartmasjien moet gebruik, ontsmet jou hande dadelik daarna.

Terug by die huis

  • Was by die huis (verkieslik net buite en reg by die voordeur) jou hande.
  • Plaas jou kruideniersware op die ‘vuil’ kant van jou tafel.
  • Haal die items een vir een uit en ontsmet soos paslik met ’n lap of spons met ontsmetmiddel soos Jik, Milton of seep. Was items soos blikkies en bottels.
  • Maak veral alles in plastiekhouers skoon aangesien Covid-19 tot 3 dae op plastiek oorleef.
  • Aangesien die virus ’n maksimum van 4 uur oorleef op karton kan jy items soos meel maar net ’n paar uur op die toonbank los voor jy dit wegpak.
  • Pak elke ‘skoon’ item in jou kombuiskaste weg. Of los dit op die ‘skoon’ kant van jou werksoppervlak.
  • Gooi die winkelsakke weg. Of laat hulle ‘rus’ vir 3 dae, met ander woorde sit hulle weg sodat enige organismes wat op hulle sou kon oorleef het, afsterf.

Lees ook: Hoe om positief tydens die inperking te bly – en dit as ’n tyd vir heling en groei te sien

Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen

Moet ek alkohol of seep gebruik om items skoon te maak?

Daar is twee kategorieë algemene reinigers: dié met seep as basis en dié met alkohol as basis. Altwee is doeltreffend.

Jy hoef regtig nie die ore van jou kop af te betaal vir alkoholgebaseerde reinigers nie. Jy weet in elke geval nie eers of die produkte wel genoeg alkohol (dit moet 60% etanol wees) bevat nie.

Daar is selfs ’n risiko dat alkohol nie so goed is soos seep nie, verduidelik ’n fabrieksbestuurder van een van ons internasionale kosprodusente.

“Die probleem kom in by biofilms. ’n Biofilm is ’n beskermingslagie waaragter organismes kan skuil. Seep trek vullis aan en breek biofilms baie doeltreffend af. Die was-aksie help ook om organismes los te maak van die oppervlakke waaraan dit kleef; daarna spoel water die vullis af en weg.

“Alkohol werk op ’n ander beginsel: dit los vette op. Virusse se omhulsel is van vette. Dus breek alkohol die virus op. Maar dit kan nie noodwendig organismes wat agter ’n biofilm skuil bykom nie.

“Ek kan nie sê dat dit die geval is met Covid-19 nie maar ons sien dit so in ons fabriek. Daarom sal jy sien dat ons oral seepgebaseerde saneermiddels gebruik.”

Lees ook: Hoe om jou beroep tydens die inperking te verbeter

Covid-19 by die winkels? Hoe om veilig inkopies te doen

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.