In die hartjie van die Hazeldeanvallei is ’n melkplaas wat deesdae ’n unieke versamelingspunt is vir almal wat lief is vir alles handgemaak. Cowhouse Market bied gaste ’n gereelde kuierplek waar hulle ’n plaasomgewing kan ervaar – sonder om ’n voet buite Pretoria te sit. Hier kan jy en jou vriende om piekniektafels smul aan gourmet-kosse en vrugtevolle sangrias van die Udder Bar, of craftbiere van die Hazeldean Brewing Co.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Om die Cowhouse as ’n hedendaagse plaasmark te beskryf is te eenvoudig, wat handgemaakte produkte en tuisgemaakte kosse bied, soos dié van Real Food Mechanix wat Suid-Afrikaanse-Meksikaanse “fusion”-kos maak, of Whiskey Crafters wat unieke mengeldrankies aanbied. Daar is versamelbare antiekware om jou geïnteresseerd te hou en die reuk van handgemaakte leerprodukte verander enige besoeker in ’n gereelde besoeker.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Vir dié wat op fiksheid ingestel is, is daar die HVT Hardloopreeks – Autumn Trial Run saam met Hazeldean Valley Trails en hondeliefhebbers mag hul vierpotiges saambring om deel te wees van die pret.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hierdie mark is ook geleë om vir kinders ’n smakie van die plaaslewe te gee. Vermaak vir die jongspan sluit ponieritte, springkastele, skattejag, fietsrybaan en ons bekende eendresies in.
Terwyl die kinders hul gate uit geniet, kan ouers ontspan in die buitelug en luister na akoestiese klanke van musiekgroepe wat onder die sterrelig optree.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Datum: Saterdag, 26 Augustus 2017
Plek: Cowhouse Market, hoek van Ridge-straat en Silver Lakespad, Pretoria
Tyd: 10vm tot 10nm
Ingang: Gratis
Besoek die Cowhouse facebookblad hier
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.