kategorieë: KosMaklik en vinnig

Dadelballetjies

BESTANDDELE

250 g (½ pak) botter of margarien

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

125 ml (½ k) bruinsuiker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 ml sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5 ml (1 t) vanieljegeursel

500 g dadels, grofgekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 eier, geklits

100 g (½ pakkie) Mariekoekies, fyngedruk

90 ml (6 e) klapper

500 ml (2 k) Rice Krispies

OM IN TE ROL: 250 ml (1 k) klapper

METODE

1. Voeg botter/margarien en suiker saam in kastrol en roer tot gesmelt is.

2. Roer sout, vanieljegeursel en dadels by. Roer aanhoudend totdat dadelsmengsel gladder is.

3. Roer geklitste eier by en roer vir een minuut op warm stoofplaat.

4. Verwyder kastrol van hitte en gooi gebreekte koekies, klapper en rice krispies by. Roer tot gemeng. Laat dadelmengsel vir tien minute afkoel.

5. Skep teelepels vol dadelmengsel en rol dit in balletjies.

6 Om in te rol: Gooi klapper in bakkie en rol balletjies daarin tot dit goed met klapper bedek is.

7 Plaas in yskas in lugdigte bak.

Wenke:

  • Hierdie is heerlik vir ’n kosblik of as die kinders lus is vir lekkers. Beslis gesonder en sal jou tot etenstyd vol hou.
  • Die resep is maklik om te verdubbel. Bêre die ekstra in die vrieskas tot later.
  • Gebruik ’n bak om die dadelballetjies sommer in blokkies te maak as jy nie genoeg tyd het nie. Sprinkel die helfte van die klapper onder in die bak. Skep die dadelmengsel bo-op en sprinkel die oorblywende klapper bo-op. Druk die klapper vas. Laat in die yskas afkoel en sny in blokkies.

Ongeveer 36 balletjies

Deur Marlo Kitshoff-Carstens.

Lees nog: Wortelkoekies met roomkaasversiersel

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.