kategorieë: VelsorgSkoonheid

Begin jou verjongingskuur vroeg

Daar is groeiende neiging om meer proaktief met velsorg om te gaan en subtiele aanpassings (gespesialiseerde estetiese en velsorgbehandelings) te maak om die proses van velveroudering te vertraag en steeds daardie vars voorkoms te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer dit kom by resultate wat jou jonk sal laat lyk, is daar geen wonderkuur, -produk of -behandeling nie. Maar deur nou al met belangrike skoonheidsgewoontes te begin, soos om sekere sleutel- skoonheidselemente by jou roetine by te voeg, en dit met verjongingsbehandelings wat vir jou pasgemaak is op te volg, kan jy jou vel die beste kans vir goeie gesondheid en glans gee terwyl jy ook die noodsaaklikheid vir meer indringende behandelings later kan uitstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou vel is ’n lewende orgaan wat asem haal en om dit te kan doen wat dit moet doen en met grasie oud te word, het die vel deurlopende ondersteuning nodig. Ons het ons nuutgevonde en doeltreffende voorkomingsprotokol in drie maklik verteerbare stappe opgedeel:

1. Beskerm wat jy het

Ons preek die heeltyd oor sonskerm, maar ons kan dit nie genoeg benadruk nie. Deur ’n sonskerm met ’n breë spektrum-SPF elke dag aan te wend, maak nie saak of dit reën of die son skyn nie, beskerm jy jou vel teen UV-strale. Hierdie skadelike strale spoor fotoveroudering (wat die ontwikkeling van fyn lyntjies en plooitjies insluit) aan en kan ook tot ernstige kwessies soos velkanker lei. Saam met die SPF wat daagliks aangewend moet word, is dit ook belangrik om ’n breërandhoed en beskermde klere te dra – veral om die delikate gedeelte van jou hals. Oorweeg dit om vitamien C-serum by jou velsorgroetine in die oggend te voeg aangesien hierdie kragtige antioksidant vrye radikale wat deur UV-strale en besoedeling veroorsaak word, beveg en kollageenvervaardiging binne die vel bevorder wat vir jou ’n jonger voorkoms gee.

2. Sluit retinol by jou velsorg in

Retinol is al vir vele jare die gonswoord op mense se lippe. Dit is van vitamien A afgelei wat gebruik word om die vel af te skilfer en dus selomset versnel. Dit help ook met die vervaardiging van kollageen en dit verminder die voorkoms van lyntjies en plooitjies. Aangesien dit die vel sensitiewer vir UV-strale maak, moet dit liefs in die aand gebruik word, in die oggend afgewas word en met ’n SPF opgevolg word vir deur die dag. Aangesien Retinols sulke gespesialiseerde produkte is, is dit belangrik om altyd eerste met ’n velsorgdeskundige te praat voordat jy dit tot jou velsorgroetine voeg.

3. Sluit die jongste aanpassings en behandelings by jou velsorg in

Daar is so baie behandelings beskikbaar om jou te help om die algehele voorkoms van jou vel te verbeter: van behandelinge wat daarop fokus om die tekstuur, plooie en pigmentasie te verbeter of aanpassings wat daarop gemik is om jou huidige pragtige gelaatstrekke te beklemtoon.

Hier is drie hedendaagse verjongingsbehandelings wat vir jou stralende, jeugdige en blywende resultate sal gee:

– Bababotoks

Vergeet van die ou gevriesde uitdrukking! Vandag is die effek van botoks baie subtieler en kan dit vir jou ’n natuurlike voorkoms met ooglopende resultate (veral as dit deur ’n ervare kenner aangewend word) gee. Voorkomende “bababotoks” is wanneer ’n klein hoeveelheid neurotoksien ingespuit word om die spiere liggies te laat ontspan om te voorkom dat diep plooie en fyn lyntjies vorm. Met hierdie behandeling bly jou uitdrukking natuurlik, maar dit kan ook geweldig voordelig wees om te voorkom dat dieper vellyne in die toekoms wys, of om ’n frons te versag en dieper lagplooie te verbloem. Dit lig ook sekere gedeeltes van die gesig vir ’n varser voorkoms.

– Mesobooster

Wie wil nie of het nie ’n hupstoot vir hul vel nodig nie? Soos om jou selle met vitamiene, peptiedes en vog oor te laai vloei. Dit is presies wat hierdie inspuitbare middels op ’n epidermale vlak doen. Mesoboosters is soortgelyk aan dermale vullers, met ’n paar verskille. Dink aan hulle as gesonde opknappers vir jou vel – hulle gee jou vel net die goeie goed (vitamiene, peptiedes en vog) wat tot ’n stralende en jeugdige voorkoms lei terwyl tradisionele gesigvullers daaroor gaan om meer volume aan jou gesig te gee. Al die bestanddele wat in die Mesobooster-behandelings is, help om die vel se eie kollageen, elastien en watervlakke te aktiveer en ’n hupstoot te gee wat die velkleur, papperigheid, fyn lyntjies en plooie ooglopend beter laat lyk. Die behandeling werk ook wondere oor gedeeltes soos die nek en hals, en kan selfs aan jou hande gesmeer word.

– 3D MD PRP (oftewel dokter vampier-gesigsbehandeling)

Vampiergesigsbehandelinge is hoogs gespesialiseerde behandelings waarin bloed getrek word en vir hierdie rede, is dit die moeite werd om na gespesialiseerde geriewe te gaan. Die 3D MD PRP is ’n treetjie op van die tradisionele vampiergesigsbehandeling en word by Dr Nerina Wilkinson + Associates, ’n toonaangewende medies-estetiese kliniek in Kaapstad, aangebied. Hier word die behandeling (wat ook as Dr Vampire bekend staan) deur ’n estetiese dokter en velsorgspesialis te uitgevoer wat hipermoderne toerusting en tegnologie gebruik sodat jy gemoedsrus kan hê. Die behandeling self (wat baie minder vreesaanjaend is as wat dit klink) behels klein inspuitings en “microneedling” in jou bloedryke velplasma wat groeifaktore bevat waarvan jou vel hou. Daar is ’n goeie rede hoekom die behandeling so gewild is: Dit sorg vir ’n soepel, stralende gloed en is veral doeltreffend wanneer dit by die behandeling van veroudering, pigmentasie, en akneelittekens en ander velprobleme kom.

Om later in die lewe ’n natuurlike jeugdige vel te geniet, is dit beter om vroeg met verjonging te begin. Vir ’n persoonlike estetiese en velsorgbehandelingsplan wat daarop gemik is om optimale resultate te lewer, beveel ons aan dat jy Dr Nerina Wilkinson + Associates vandag kontak.

Lees ook: Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.