kategorieë: WenkeSkoonheid

’n Fotograaf se wenke vir jou troudag

’n Fotograaf se wenke vir jou troudag. Deur Corné Greeff. Hooffoto: Emma Bauso vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Troues is stresvol, maar die troufoto’s, beknopte aantrekkamers en selfs kinders wat rondhardloop, kan die spanning vererger. Hier is ‘n paar wenke vir jou troudagfoto’s wat die stres sal ontlont, en selfs ‘n lysie van alles wat vir die wis en onwis in jou “noodsakkie” moet wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenke vir jou en jou troudagfoto’s

Markus Gericke van Boland Weddings was seker al by meer troues as die meeste van ons. Hy neem foto’s en video’s by troues en het al gesien wat werk en wat werk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ‘n paar van sy wenke wat goeie foto’s verseker, en hoe jy die stres vir jou en die mense om jou minder kan maak.

  1. Moenie te veel strooimeisies of strooijonkers aanstel nie, twee of drie is genoeg. Die res gaan net in die pad wees.
  2. As jy meer as twee of drie het, laat hulle eerder in ‘n ander lokaal aantrek en klaarmaak.
  3. Pasop vir kinders in die kamer wanneer jy aantrek. Jou stresvlakke gaan reeds hoog wees en kinders kan dit vererger.
  4. Slegs mense wat betrokke is by die aantrek en regmaak, behoort in die vertrek te wees. Meer mense dra by tot die gevoel van beknoptheid en kan in die pad van die fotograaf of videograaf wees.
  5. Vra jou ma en strooimeisies om eerder nie foto’s te neem gedurende die regmaakproses nie. Tyd is reeds min en die fotograaf is daar om ‘n rede.
  6. Trek verkieslik naby die trouplek aan. Sodoende spaar jy tyd en hoef jy nie te sweet in die voertuig op pad na die troue nie.
  7. Laat die fotograaf en videograaf voor jou vertrek na die plek waar jou troue plaasvind. Dit gee hulle ‘n paar minute ekstra om seker te maak alles lyk reg en is reg sodat jy spesiale foto’s en video’s kan kry van jou wat by jou troue aankom.
  8. Die lokaal waar jy aantrek, is baie belangrik. Kies jou vertrek reg, want as die vertrek nie mooi lyk nie, kan die eindproduk nie mooi lyk nie.
  9. Maak seker die vertrek is groot genoeg vir almal wat moet inpas (ook die fotograaf en videograaf).
  10. Sorg dat die kamer netjies is voor jy begin aantrek, bottels en vuil glase op die agtergrond lyk nie mooi op die foto’s nie.
  11. Kies ‘n vertrek met genoeg vensters. Die meeste fotograwe gebruik natuurlike beligting vir die aantrekfoto’s en donker vertrekke gaan nie werk nie.
  12. Maak seker jy weet waar die ringe is wanneer die fotograwe opdaag. As die ringe nog by jou broer is, gaan die fotograwe dit nie kan afneem nie.
  13. Begin vroeg genoeg met jou hare en grimering en om aan te trek. Sodoende is daar genoeg tyd vir foto’s en hoef niemand te haas nie.

#rrWenke:

  1. Maak vooraf ‘n afspraak met die fotograaf en videograaf sodat julle ‘n lys saamstel met al die foto’s wat jy graag sou wou hê.
  2. Maak ook ‘n lys vir die fotograaf van plekke waar julle graag sou wou foto’s neem by die onthaal.
  3. Kommunikasie is baie belangrik. Gee eerder te veel inligting as te min.
  4. Gee op die troudag vir een van die strooimeisies, of iemand by die troue, ‘n lys van wie wanneer afgeneem moet word sodat iemand solank die familie of vriende kan bymekaarmaak. Julle spaar tyd en dit maak die lewe vir die fotograaf en videograaf ook makliker.
  5. Maak seker jy voel gemaklik by die fotograaf en videograaf, want hy/sy gaan baie in jou persoonlike ruimte wees.
  6. Maak seker jou parfuum en al die spesiale items wat jy graag wil laat afneem is byderhand.
  7. Wanneer jy jou dag beplan, neem in ag dat sekere tye van die dag beter is vir troufoto’s. Gesels  met die fotograaf en probeer die foto’s neem wanneer die lig goed is.
  8. Wanneer julle die gesamentlike foto’s neem, neem iemand van jou gevolg saam wat verantwoordelik is vir jou lipstiffie, rok en die fyner detail.
  9. Beplan vir ingeval die weer nie saamspeel nie.  Maak seker jy het ‘n plan B vir ingeval dit reën, en maak seker daar is ‘n plekkie waar julle foto’s kan neem indien dit reën.
  10. Onthou, die fotograaf en videograaf het tyd nodig ná jou troue. Gun hulle genoeg tyd om jou foto’s reg te kry. Moenie ‘n week ná die troue al begin neul oor wanneer jou foto’s klaar gaan wees nie. Alle goeie goed vat tyd.
  11. Neem ook foto’s van die bruidegom wanneer hy gereed maak. Reël dat die foto’s saam met sy ouers geneem word wanneer jy regmaak. Dit spaar tyd later.
  12. Bespreek jou fotograaf vroegtydig sodat jy die fotograaf kry wat jy graag wil hê.
  13. Geniet jou troue. Onthou, niks verloop altyd volgens plan nie.

Jou troudag-“noodsakkie”

Maak seker jou strooimeisie het ‘n sakkie by haar met die volgende:

  • Parfuum
  • Lipstiffie
  • Gesigpoeier
  • Gesigsproei
  • Haarsproei
  • Handeroom
  • Naald en gare
  • Sneesdoekies
  • Nat doekies (wet wipes)
  • Tandevlos
  • Super Glue
  • Pleisters
  • Haarknippies
  • Haarrekkies
  • Doekspelde
  • Haartangetjie
  • Deursigtige naelpolitoer

Lees nog: Lipstiffie: Vind die perfekte kleur vir jou vel

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.