kategorieë: WenkeSkoonheid

Kies so die regte parfuum vir jou troue

Kies so die regte parfuum vir jou troue deur Corné Greeff Hooffoto: Hiraman/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al ooit gewonder watter fyngeur jy vir jou troue moet kies? Parfuum vertel baie van jou persoonlikheid en wie jy is. Bacher en Co het vir ons ‘n paar wenke gestuur oor hoe jy die regte parfuum vir jou spesiale dag kan kies. Ons wys jou ook ‘n paar van ons gunsteling-fyngeure.

Lees ook: Grimeerwenke vir jou troudag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bacher en Co se 10 wenke om die regte parfuum vir jou troue te kies

Foto: 513545762 – mictian/istock images

  1. Ons reuksintuig is ons sterkste sintuig. Omdat geur en emosie so nou verbind is, kan die reuk van parfuum en sekere parfuumnote jou sintuie stimuleer en opgewonde laat voel. Jy verbind dikwels ook sekere mense of gebeurtenisse met ‘n sekere parfuumgeur.
  2. Dra jy ‘n spesiale parfuum op jou troue, sal dié geur jou altyd laat terugdink aan jou spesiale dag.
  3. Parfuum ruik nie dieselfde aan verskillende mense nie, daarom is dit belangrik dat jy die parfuum toets voor jy besluit of jy daarvan hou.
  4. Wend die parfuum op jou vel aan wanneer jy dit toets en nie op jou klere nie, en gee die geur minstens ‘n halfuur om te ontwikkel.
  5. Tik die parfuum op jou pols, agter jou ore, onder jou hare aan die agterkant van jou nek, of aan die binnekant van jou elmboë aan. Dit is gewoonlik die warmer dele van jou lyf.
  6. Die geur gaan vinniger verlore op ‘n droë vel. Skilfer jou vel af en bevogtig deeglik voor jy jou parfuum aanwend of dit toets.
  7. Moenie meer as drie parfuums op ‘n keer toets nie. Jou reuksintuig raak oorweldig en jy kan dan nie die regte geur kies nie.
  8. Maak seker jou geliefde hou van die parfuum wat jy kies, want jy wil tog hê jou maat moet ook daarvan hou en dat dit die reuk van liefde moet wees.
  9. Vir ‘n somertroue is ‘n sagte parfuum met blomme- en vrugtenote ‘n goeie keuse.
  10. Indien jy in die winter trou, is ‘n parfuum met warmer houtnote verkieslik.

Lees ook: Berei so voor vir jou troudag

Probeer hierdie fyngeure

Kies so die regte parfuum vir jou troue

  1. BVLGARI Goldea The Roman Night Sensual EDP (R1 005 vir 30 ml) bevat geure van jasmyn, patsjoelie, vanielje en muskus en is geïnspireer deur ‘n passievolle nag in Rome. Hierdie fyngeur is perfek vir die speelse en verleidelike bruid.
  2. Jean Paul Gaultier Scandal (R1 425 vir 50 ml) is ‘n bekende geur van die Franse modehuis Jean Paul Gaultier. Dit is kreatief en speels en ruik na heuning, patsjoelie en bloedlemoen. Hierdie fyngeur is perfek vir die bruid wat daarvan hou om raakgesien te word en ontwerpersklere en fyngeure van bekende modehuise verkies.
  3. Abercrombie & Fitch First Instinct (R895 vir 50 ml, Clicks) bevat note van grenadella, lemoenblom, waterlelie en pomeloskil. Dit is speels, vroulik en verleidelik.
  4. Wanneer jy opgewonde raak oor ‘n brief van jou geliefde, of daarvan hou om romantiese aande en afsprake te beplan is die Coach Floral EDP
    (R1 505 vir 90 ml, R1 205 vir 50 ml en R805 vir 30 ml)
    een van die opsies wat jy moet oorweeg. Hierdie parfuum ruik na blomme soos teeroos, jasmyn en katjiepiering
  5. Burberry My Burberry Blush EDP (R980 vir 30 ml) het note van vrugte en blomme soos vars appels, en jasmyn. Perfek vir die energieke, modebewuste bruid.
  6. Dolce & Gabbana The Only One (R1 545 vir 50 ml) is vroulik, gesofistikeerd en trek aandag. Dit het ‘n kenmerkende blommegeur met ‘n kombinasie van viooltjies en koffie.
  7. Jimmy Choo EDP (R1 345 vir 100 ml) is vir die bruid met ‘n sterk persoonlikheid, maar wat ook ‘n speelse kant het. Dit is die perfekte mengsel van houtnote, blomme en vrugte, patsjoelie, toffies en orgideë.
  8. MONTBLANC Lady Emblem EDT (R775 vir 30 ml) is perfek vir die bruid wat die geur van rose onweerstaanbaar vind. Sy is sensueel, elegant en vroulik. Hierdie parfuum is ‘n kombinasie van waatlemoen, jasmyn, rose, pienkpeper, sederhout en sitrus.
  9. Lancôme La Vie Est Bella EDP (R1 120 vir 30 ml, R1 440 vir 50 ml) is vol vreugde en besing die mooi van die lewe. Dit het ‘n elegante blommegeur met lemoenbloeisels, jasmyn en patsjoelie.
  10. Oscar de la Renta Bella Blanca EDP (R795 vir 50 ml) is perfek vir die sjiek bruid. Die elegante blommegeur met peer en groen blare saam met rose, jasmyn, lemoenbloeisels en soetemaling en ‘n basis van romerige hout en muskus sal beslis sy aandag trek!
  11. CHANEL Gabrielle Essence EDP (R2 570 vir 100 ml) is ’n sagte sitrusblommegeur met note van ilang-ilang, jasmyn, lemoenbloeisels, vanielje, muskus en sandelhout.
  12. Giorgio Armani Sì Eau De Parfum Fiori (R1 590 vir 50 ml) se chypre-lemoenblomgeur is perfek vir die sterk, elegante bruid. Dit bevat note soos swart korente, groen mandaryn, patsjoelie, rose vanielje en wit muskus en is ‘n ligte parfuum.
  13. Miss Dior EDT (R1 450 vir 50 ml) se vars blommegeur is geskep rondom die geure van die Grasse-roos en lelie-van-die-dale. Dit is ‘n mengsel van sitrusnote, soos bloedlemoen, mandaryn, asook blomme.
  14. Estée Lauder Beautiful Belle (R995 vir 30 ml, R1 440 vir 50 ml en R1 990 vir 100 ml) se inspirasie is liefde – die liefde wat gegroei het van die skaam ontmoeting tot die belofte van ‘n lewe vir altyd saam. Dit ruik na lemoenblomme, rose en muskus.

Lees ook: Haarstyl-inspirasie vir jou troudag

  1. Doen ook hierdie toets om te sien wat jou parfuumpersoonlikheid is.
Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.