kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheidshuise wat help met die bewusmaking van borskanker

Skoonheidshuise wat help met die bewusmaking van borskanker deur: Corné Greeff Hooffoto:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Baie van ons ken iemand met borskanker, of word direk daardeur geraak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So baie mense het nie toegang tot mediese hulp nie, en kan nie berading, toetse of operasies bekostig nie.

Gelukkig is daar so baie liefdadigheidsorganisasies wat dit hul doel maak om bewustheid te bevorder en mense te help, maar een van hul grootste uitdagings is geld, want hulle is meestal niewinsgewende organisasies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons het op ‘n paar skoonheidshuise afgekom wat moeite doen om ‘n verskil te maak en hierdie organisasies te help.

Estée Lauder

Vanaf September 2019 tot Junie 2020 gaan 20% van alle verkope van die Estée Lauder Advanced Night Repair Serum (R1 225, beperkte uitgawe) na die Look Good Feel Betterorganisasie. Saam met elke kopie kry jy ook ‘n armband. Die Estée Lauder Advanced Night Repair Serum word voor jou bevogtiger aangewend en laat die vel sag en gesond voel en lyk.

Pssst: Estée Lauder se stigter, Evelyn Lauder, het 25 jaar gelede al The Breastcancer Research Foundation gestig en was passievol om die siekte te beveg. Estée Lauder het reeds miljoene aan navorsing geskenk. Lees gerus hier.

ghd

David Allen
foto: ghd

Grace
foto: ghd

ghd het besluit om die bekende Amerikaanse tatoeëerkunstenaar David Allen te nader om hul 15 jaar lange ondersteuning van borskanker-liefdadigheidsorganisasies te vier. Tot dusver het  ghd reeds meer as R270 miljoen vir borskanker-liefdadigheidsorganisasies ingesamel.

David het ‘n oorspronklike ontwerp geskep om mastektomieletsels te verbloem, en hy maak dit vir meer as ‘n dekade al sy missie om vroue te help om hul selfvertroue terug te kry ná borskanker.

ghd het Grace Lombardo, ‘n ma van drie, gekies om met die bewusmaking te help. Borskanker is in 2016 by haar gediagnoseer. Sy het ‘n dubbelmastektomie en rekonstruksie ondergaan en in 2017 het sy David Allen van Chicago vertrou om haar letsels te verbloem. So kon sy weer van die beheer terugneem wat kanker van haar weggeneem het. Grace deel haar storie om vroue bewus te maak van borskanker, en ander te ondersteun wat ook deur die trauma van borskanker gaan. ghd wil vanjaar nog R15 miljoen insamel met die verkope van hul beperkte uitgawe “ink on pink”-reeks.

Met elke ghd Gold (R2 800) en ghd Platinum+ (R3 400) wat verkoop word, skenk ghd R100 aan die PinkDrive-organisasie.

Lipsano

Lipsano se Pink lipbalsem (R63,95) is beskikbaar in ‘n 7 g-bakkie, 5 g-stiffie en 10 g-buisie en bevogtig en herstel droë lippe en help om sere op die lippe te heel. Dit bevat ‘n SBF30 en help ook om jou lippe teen die son te beskerm. Van elke lipbalsem wat verkoop word, word R1 aan PinkDrive-geskenk.

Biosense Professional

Die Suid-Afrikaanse haarsorggroep Biosense Professional ondersteun die PinkDrive-organisasie en help hulle om in borskankermaand geld in te samel.

Biosense het ‘n oliebehandeling vir hare, die Pink Spoil Box (R280, beperkte uitgawe), bekend gestel, en tien persent van alle verkope in Oktober word aan die PinkDrive-organisasie geskenk.

AVON

AVON is sedert 1992 een van die skoonheidshuise wat help met die stryd teen borskanker en het hul Avon-borskankerveldtog in die Verenigde Koninkryk begin. Die afgelope 25 jaar het Avon en die Avon-stigting vir Vroue al meer as $800 miljoen dollar aan borskankerorganisasies geskenk, en 180 miljoen vroue oor die siekte opgelei. Hulle het ook al meer as 20 miljoen vroue die geleentheid gegee om ondersoek te word. Avon Suid-Afrika het ook reeds meer as R20 miljoen ingesamel met die verkope van hul spesiale “pienk strik”-produkte. Hierdie geld word ook bestee om mense op te lei en te help om vir mammogramme en ondersoeke te gaan.

Die skoonheidsmaatskappye, Avon Justine bied jaarliks die iThemba Walkathon ten bate van borskankerbewusmaking aan. Dit vind vanjaar op Sondag 20 Oktober 2019 by Marks Park, Emmarentia, Johannesburg plaas. Dit is die 14de jaar wat hulle die walkathon aanbied en dit is elke jaar een van die grootste borskankerbewusmakingsgeleenthede. AVON ondersteun die volgende organisasies: Look Good Feel Better, Wings of Hope en KANSA.

BioMedical Emporium

Vir die tiende agtereenvolgende jaar dien die Pink Polo-geleentheid by die Val de Vie-landgoed as platform om borskankerbewustheid te skep. Vanjaar borg en bied BioMedical Emporium op Saterdag 9 November 2019 die geleentheid aan. Dr. Rolene Strauss is die gasvrou en Nico Panagio, akteur en aanbieder van Survivor Suid-Afrika, is die seremoniemeester vir die geleentheid. Vanjaar is daar ‘n hele paar bekendes wat saam hulle stem van hoop en genesing gaan deel.

Biomedical Emporium, baanbrekers in velsorg en professionele behandelings, is die eerste keer die hoofborg van hierdie gesogte geleentheid. Dr. Judey, stigter van BiomedicalEmporium en dermatologiese biowetenskaplike, sê: “As ‘n vennoot van Pink Polo wil ons ‘n bewustheid van optimale en estetiese genesing bied deur van die mees gevorderde biotegnologie te gebruik vir borskankerpasiënte wat mastektomie-operasies ondergaan het. Boonop bevat ons reeks kosmetiese produkte veilige en sagte bestanddele wat geskik is vir pasiënte wat chemoterapie of bestraling ondergaan, spesifiek om te help met velomstandighede wat verband hou met die newe-effekte van kankerbehandelings.”

Nico, Christi, Donna-Lee en Ivan Botha by 2018 se Pink Polo geleentheid.

Gaste kan die dag by die pragtige wynlandgoed deurbring en ‘n heerlike middag van polo, mode en vermaak geniet terwyl hul teenwoordigheid geld insamel om ‘n verskil te maak in die lewe van diegene wat deur borskanker geraak word. Die geleentheid bring hulde aan almal wat die stryd teen borskanker gewen het, en wil ook meer bewustheid skep oor borskanker wat so baie vroue, asook mans, raak.

Die gaste moet aantrek in pienk, diepblou, goud en volgens die tema “Authentic Polo.”

Nog borge van die geleentheid is Elizabeth Arden, Tosca, Juicy Couture, Veuve Clicquot Rose, Bril Optometrists, John Vervatos en Viljoen Juweliers.

Kry jou kaartjies vir die geleentheid hier.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.