kategorieë: Verhoudings

Die tekens dat jy, of iemand na aan jou in rou is

Is jy in rou?

Die meeste van ons probeer hard om aan te gaan. Maar dit is nie so maklik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suzette Venter het haar seun, Eugene, op 5 Januarie 2006 verloor. Sy glo jy moenie die tekens dat jy besig is om te rou ignoreer nie. “Mense misverstaan rou en hartseer as ’n proses wat jou uiteindelik bring by berusting en begrip.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar wat is die tekens dat jy nog in rou is? Suzette lys ’n aantal wat sy self beleef het.  Evalueer jouself.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

12 tekens dat jy in rou is

  • Jy voel nie jouself nie.
  • Jy voel asof jy nie dinge kan deurdink en afhandel nie. Jou gedagtes maal.
  • Jy voel asof jy nie meer kan werk nie, asof jy jou werksvaardighede verloor het.
  • Jy voel mense ondersteun jou nie.
  • Jy voel niemand verstaan nie.
  • Jy voel mense druk jou om te werk of deel te neem aan sosiale aktiwiteite.
  • Jy wil alleen wees.
  • Jou geloof wankel.
  • Talle verwytgedagtes maal deur jou kop: Hoekom het ek nie … As ek maar net … As die dokter …
  • Jy vergeet van die lewendes wat na aan jou is. Jy sien nie jou huismense raak nie. Jy vergeet dat hulle óók jou verlies voel en óók moet aanpas.
  • Jy sien nie kans om ander te versorg nie.
  • Jy soek desperaat na antwoorde, wat die hele spektrum van praktiese werklikhede tot emosionele en geloofskwessies kan dek. Baie (die meeste!) van jou ou antwoorde werk nie meer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe kan ek myself help? Lees gerus hier:

My manier om trauma te verwerk

Jy kan jou kind swaarkry help verwerk

Verwerk jou pyn

Jy kan trauma verwerk

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.