Konflik in die werkplek – hier is raad

Konflik in die werkplek – hier is raad deur Anne Marais

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oorlog by die werk

Opplankantore kan vir baie ’n turksvy met ekstra dorings wees.

Sylvia de Kock, ’n tegniese assistent in welvaartskepping, het ’n storie waarmee die meeste van ons ons kan vereenselwig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek werk al twintig jaar in die korporatiewe omgewing. Dit is uiters moeilik om op jou werk te konsentreer as daar gedurig ’n gedruis om jou is. My werk vereis intense konsentrasie en ek maak moeilik vrede met ’n aanhoudende luiddrugtigheid om my. Dis nie ’n maklike saak om op te los nie – jy moet diplomaties optree en nie jou kollegas in die gesig vat nie. My grootste irritasie is ’n oopplankantoor met te veel mense. Niemand kan na behore konsentreer nie.”

Wrywing in al sy vorms is ’n algemene verskynsel in die werkplek. ’n Voorligtingsielkundige Tini Visser, sê ’n ongesonde werksomgewing is dikwels die oorsaak. “Mense voel soms dat hulle nie raakgesien word nie, of dat hul werk nie genoegsaam beloon word nie. Die salarisse is dalk nie in pas met hul werkslading nie, of hulle is vir bevordering oor die hoof gesien.

“Dit kan daartoe lei dat hulle baie van hul frustrasie op hul kollegas projekteer en in die proses selfs groot botsings kan hê oor nietighede wat in ’n gesonde werksomgewing maklik opgelos sou kon word.”

Lees ook: Kweek só respek

Sy sê dit kan ook wees dat mense emosionele bagasie met hulle saamdra, of weens ’n gebrek aan selfinsig ’n sekere houding teenoor hul kollegas aanneem – hulle kan onbewustelik op die verdediging wees, of selfs aggressief optree.

“Jaloesie en onderlinge wedywering kan ook spanning veroorsaak. Mense met persoonlikheidsteurnisse veroorsaak ook baie probleme. Hulle het dikwels min insig in die reëls wat met sosiale interaksie gepaardgaan en kan as onbeskof of opdringerig beleef word. Hulle het dikwels ook nie die vaardighede of takt om probleme op ’n gesonde manier aan te roer, of op ’n gesonde manier te verwoord nie en kort voor lank sit jy met ’n konfliksituasie.”

Wrywing in die werkplek is nie noodwendig ’n slegte ding nie, sê bedryfsielkundige Jannet Davel, maar dit kan toksies raak wanneer dit onder die mat ingevee word.

“Mense het verskillende verwagtings van hul werk en beklee boonop verskillende vlakke van senioriteit in die organisasie.Wrywing is onafwendbaar maar dit kan ten goede gebruik word en selfs daartoe lei dat die nodige veranderinge gedoen word.

Lees ook: Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Wrywing in die werkplek is nie noodwendig ’n slegte ding nie maar dit kan toksies raak wanneer dit onder die mat ingevee word

“Wrywing kan uit verskeie oorde kom en uitkring tot op ’n span- en organisatoriese vlak. Ongesonde mededinging, professionele jaloesie, uiteenlopende doelwitte, ’n tekort aan hulpbronne, ondoeltreffende kommunikasie, verskillende werkswyses en selfs die ervaring van ongelykheid in die organisatoriese struktuur, is maar net ’n paar oorsake.

Tini sê die grootste probleem is dat dit gevaarlik kan word wanneer dit mense se funksionering by die werk en die produktiwiteit van die maatskappy beïnvloed: “Chroniese wrywing by die werk kan die werkomgewing toksies maak. Dit kan as fisieke simptome soos chroniese hoofpyn en moegheid onder die werknemers na vore kom en tot hoë vlakke van afwesigheid en ’n hoë personeelomset lei.”

Jannet meen wrywing in die werkplek is onvermydelik, maar daar is ’n paar gevaartekens: “Faktore soos vae doelwitte, ongesonde vlakke van mededinging en ondoeltreffende en gebrekkige kommunikasie is problematies.”

Lees ook: 10 dinge wat elke goeie bestuurder weet

Konflik in die werkplek

Hoe moet dit hanteer word? Tini sê indien bepaalde werknemers konstant wrywing veroorsaak, kan die maatskappy dit oorweeg om so iemand vir terapie te stuur sodat hy selfinsig kry en konflikhanteringsvaardighede kan ontwikkel.

“Dit sluit beter probleemoplossingsvaardighede, opbouende hantering van kritiek en beter sosiale vaardighede in. Mediasie is ook ’n opsie, mits albei partye bereid is om saam te werk en ook kompromieë aan te gaan. ’n Mediator moet onpartydig wees en na albei partye luister.”

Jannet sê die beginpunt om konflik te hanteer is om bewus te word van wat die probleem regtig is.

“Dit help nie bestuurders hanteer die simptome maar die wortel van die kwaad bly agter nie. Goeie kommunikasie is die beginpunt”

Sy sê dis belangrik om ’n kultuur van deursigtigheid te skep waar die bestuur eerlik met die werknemers is. Sy sê dit wek vertroue wat openlike en eerlike kommunikasie bevorder.

Lees ook: Hou bekommernis oor werk jou wakker?

Wat is jou regte in die werkplek?

Bedryfsielkundige Jannet Davel sê indien ’n werknemer geboelie word, het die meeste groot organisasies ’n interne klagteprosedure wat gevolg behoort te word. Dit los nie altyd die probleem op nie en dit kan gebeur dat ’n werknemer hom na die Kommissie vir Versoening, Mediasie en Arbitrasie (CCMA) moet wend.

Wat seksuele teistering betref, gee baie organisasies meer aandag hieraan en sommige het al gedragskodes ontwikkel wat spesifiek oor seksuele teistering handel. Werkgewers behoort die sake baie ernstig op te neem, want die werk-gewer kan vanuit die deliktereg aanspreeklik gehou word.

Volgens die CCMA beskerm arbeidswetgewing ook werknemers se regte in gevalle van diskriminasie op grond van ras, geslag, etnisiteit, kleur, seksuele oriëntasie en dies meer.

Lees ook: Introvert – hier is netwerkraad

Konflik in die werkplek

Moeilike mense in die werkplek

Tini: Die beste raad is om bewus te wees van die werknemer se “bagasie”. Indien hy/sy baie negatief reageer, kan jy terugstaan en besluit – is dit my bagasie of is dit sy bagasie? Indien jy moeilike kollegas het, leer ken hul “snellers” en probeer dit vermy.

Verder is dit baie belangrik dat jy goed na jouself omsien, want konstante spanning by die werk kan tot uitbranding lei. Slaap genoeg en eet gesond.

Kry ’n veilige plek om van spanning ontslae te raak. Gaan spreek ’n sielkundige as jy bekommerd is dat jy dalk tot die wrywing bydra en leer vaardighede aan om kritiek te hanteer of kompromieë aan te gaan wanneer jy nie altyd saamstem nie. Indien jy deur ’n krisis gaan, en die werkplek is ontvanklik daarvoor, kan jy kollegas laat weet dat jy deur ’n moeilike tyd gaan. Dit kan hulle insig gee as jou frustrasietoleransie dalk laag is en dan kan hulle dit in ag neem voor die situasie konflik ontlok.

Indien ’n situasie ondraaglik raak, kan jy by die bestuur om ’n mediasieproses aansoek doen. Uiteindelik moet jy jou afvra of jou moeilike werksomstandighede op lang termyn volhoubaar is.

Indien jy alle intervensies in plek gestel het en dit nie ’n verskil maak nie, is om ’n ander werk te soek al oplossing.

Jannet: Wees bewus van persoonlikheidsverskille, verskille in werkswyses en verskille in doelwitte. Besef dit en gebruik dit tot jou voordeel. Uiteindelik lê die antwoord binne jouself en jou eie emosionele intelligensie en volwassenheid.

Behou objektiwiteit en vermy dit om emosioneel te reageer.

Leer om te luister en vrae te vra met die doel om te verstaan en nie te oorreageer nie.

Onthou ook dat konfrontasie soms onvermydelik is.

Lees ook: 7 maniere om werklik te ontspan

Konflik in die werkplek

Botsende persoonlikhede

Tini: Persoonlikhede verskil baie. Sommige mense is introverte en ander is ekstroverte. Ekstroverte hou van praat en sosialiseer. Hulle kry energie deur tyd saam met mense deur te bring. Introverte aan die ander kant is geneig om eers projekte af te handel en dan die resultate te deel. Hulle kry ook eerder energie deur alleen te wees.

In ’n oopplankantoor, wat deesdae meestal die norm is, kan dit vir introverte moeilik wees om op hul werk te konsentreer. Hul energie word ook getap omdat hulle heeltyd saam met ander mense moet wees.

Dit is slegs een voorbeeld van verskillende persoonlikhede en die wrywing wat dit kan veroorsaak.

Die bestuur van ’n organisasie kan proaktief wees en as deel van personeelontwikkeling ’n basiese persoonlikheidstoets met al hul werknemers doen. Dit gee vir die mense beter insig in die redes waarom sekere situasies hulle irriteer of spesifieke mense hul nekhare kan laat rys.

Jannet: Persoonlikheidsbotsings lei daartoe dat mense verskil vanweë fundamentele verskille in hul persoonlikhede – d.w.s. hul voorkeur of manier om ’n saak te benader. Wanneer die bestuur nie aandag daaraan gee nie, kan dit tot angs en depressie lei wat weer ’n uitwerking op professionele verhoudings, spanwerk en produktiwiteit het.

Lees ook: Werk jy lekker? Hier is raad

Konflik in die werkplek

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.