kategorieë: Ons menseBekendes

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott as sy gas op Laataand by Rian gehad het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Darren is reeds in 1986 die eerste keer met velkanker gediagnoseer. Intussen het die kanker weer en weer teruggekom, en is daar, onder meer, melanome naby sy longe wat asemnood kan veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die kanker het maatjies gebring,” het hy aan Rian gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Darren se eksvrou, Sarah-Kate Accetta, en sy twee seuns, Mark en Matthew, woon in Amerika. Sarah-Kate het skarebefondsing begin sodat die immunoterapie wat Darren ondergaan, betaal kan word. Darren het vertel die behandeling is elke drie weke en kos R80 000 per behandeling. Immunoterapie het gegaan van eksperimenteel tot peperduur, sê hy, maar daar is al hoe meer suksesverhale van pasiënte wat fase 4-kanker gehad het en dan in remissie gaan.

In antwoord op Rian se vraag oor hoe dit werklik met hom gaan, het hy erken dit gaan met tye rof. Darren het emosioneel geraak toe hy van sy seuns en sy pa, Harry, wat ook in Amerika woon, gepraat het.

“Ek is terug in Suid-Afrika omdat ek moet werk sodat ek vir die behandeling kan betaal,” het hy gesê. “Maar as ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie.”

Hy het vertel van die fonds wat gestig is toe sy seun Mark as eenjarige met kanker gediagnoseer is en hoe dit ook ander gehelp het. Maar hy sê hy haat dit om vir mense vir geld te vra, en daarom is hierdie pad wat hy nou moet loop ekstra moeilik.

Lees ook: The Mommy Club se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Darren het egter beleef hoe sy aandeel in liefdadigheid ander gehelp het toe die tweede gaste vir die aand ingestap het: Helen Smit en Tristan, haar seun. Tristan was twee jaar oud toe Jacaranda FM se Good Morning Angels geld ingesamel het sodat hy Amerika toe kon gaan vir behandeling teen breinkanker. Vandag is hy ’n opgeskote jong man wat al twee Kaapstad-fietstoere (voorheen die Argus-fietstoer) agter die blad het.

“The power of radio,” het ’n emosionele Darren gesê.

Helen en Tristan Smit.

Die volledige episode is op DStv Catch Up beskikbaar.

Laataand by Rian word op Dinsdae om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

18 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

21 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

21 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

22 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

23 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.