kategorieë: DekorLeefstyl

David Krynauw – Mooi ruimtes is sy forté

David Krynauw – Mooi ruimtes is sy forté deur Cornel Dunn. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Loeries 2019 het op 24 Augustus plaasgevind. Ons het nader kennis gemaak met David Krynauw wat die Grand Prix-prys vir ontwerp in argitektuur gewen het.

Die Loeries is Afrika en die Middel Ooste se primêre inisiatief wat uitstaande gehalte van ontwerp erken. Altesaam 2500 inskrywings is ontvang waarvan 16% van buite Suid-Afrika was. Die kompetisie is beoordeel deur 140 internasionale beoordelaars. Altesaam 296 Loeries is toegeken, waaronder slegs 5 die gesogte Grand Prix toekenning ontvang het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar kom jou liefde vir argitektuur vandaan?

Al wat ek as kind wou doen, was om ’n boomhuis te bou. In my jongdae het ek saam met my pa geleer om draaiwerk te doen, en toe later, toe my pa sien dat ek ’n beroep daarvan wou maak, is ek toegelaat om op die “gevaarlike” masjiene te werk. Ons huis was vol  oorsese boeke wat houtstrukture beskryf, en ek kon ure lank daardeur blaai. Ek het nog altyd gedink ek wil graag ’n houthuis bou.

Kleine Rijke 2

Waar het jy grootgeword?

Ek het op Piet Retief grootgeword. My pa, ’n chemiese ingenieur, het die hotel op die dorp besit. Dis waar hy begin meubels maak het, want hy het gereken dit is beter om die meubels self te vervang as om iets te koop waarvan hy nie hou nie. Hy het ook begin boer, en het ons plaas Madola in 1995 buite Piet Retief gekoop en besluit om ’n saagmeule op te sit om die hout wat ons groei in planke te verwerk. Ek was in graad 10 (2001) toe my pa besluit het om alles op die dorp te verkoop en plaas toe te trek. Ná my studie het ek in 2008 plaas toe getrek om my onderneming te begin.

Kleine Rijke 3

Waar het jy studeer na matriek?

Ek het B.Sc. Agric. (wingerd en wyn) aan die universiteit van Stellenbosch gestudeer.

Wie se werk spoor jou aan?

Ek kyk nie noodwendig op na een persoon nie, maar meer na ’n beweging of uitvoering. Ek probeer ook om my nie te veel bloot te stel aan ander se werk nie maar om eerder tyd in die natuur deur te bring en uit myself uit te tap. God het soveel kreatiwiteit in ons elkeen geplaas en Sy skepping is so inspirerend dat ’n mens nie verder hoef te kyk as dit nie. Ons almal het soveel potensiaal om te kan skep. Dit is duidelik sigbaar as mense wat skep eg bly aan die natuurlike bron wat in hulle is.

Hoe het dit gevoel om die kompetisie te wen?

Dit is ’n groot eer en motivering. Kleine Rijke was ’n eksperimentele projek en die reaksie daarop was nogal belangrik. Dit is altyd moeilik om te peil hoe mense iets nuuts en anders gaan ontvang. Die toekenning gee die nodige positiwiteit om aan te hou droom en doen.

Kleine Rijke

Was die mededinging sterk?

Dit was sterk, ja. Die benoemde argitekte is almal  welbekend en gerespekteer in die veld en dit was werklik ’n groot eer om net benoem te kon word.

Vertel ons meer oor jou wenprojek?

Ek het Kleine Rijke saam met my meisie, Jasmyn Pretorius, aangepak. Die plaas by Hartbeespoort waar die projek aangepak is, het aan Andries Pretorius, die held van Bloedrivier, behoort.

Jasmyn is baie sentimenteel oor die grond en die herkoms daarvan. Sy het ’n ruk lank met die idee geloop om Kleine Rijke as kosmark en onthaallokaal te bemark maar die tyd was nog nie reg nie. Ons het aan die werk gespring toe haar kleinsus in die ou plaasstoor wou trou en ons besef het die plek gaan te klein wees vir die aantal genooide gaste. Die ou stoor is afgebreek en Kleine Rijke is binne drie maande opgerig. God was baie getrou in hierdie hele proses en het ons stappe gelei. Ons was self redelik verbaas oor hoe mooi alles op die end bymekaar uitgekom het. Min hiervan was vooraf beplan.

Wat het jy meeste geniet van hierdie projek?

Die projek was geloofsbouend en uitdagend. Daar het  wonderlike groei gedurende die proses plaasgevind, asook groot bevrediging om iets ouds en vergete in iets nuuts en anders te omskep.

Wat was die uitdagings?

Die hele projek het slegs uit uitdagings bestaan. Dit  was ’n ongelooflike moeilike ding om aan te pak, veral met die tydlyn waarop ons dit gedoen het maar God was getrou en het ons stap vir stap daardeur gedra. Dit sou ondenkbaar wees sonder Sy hand op hierdie projek. Ons het daagliks wonderwerke beleef en doen steeds.

Hoe sterk is Suid-Afrika op hierdie gebied?

Ek dink ons swak punt is ook ons sterk punt. Suid- Afrika het ’n tekort aan ambagsmanne, wat dikwels die maak of breek van ’n projek beteken. Dit dwing ons om prakties aan die ontwerp te dink om beter te verstaan hoe die dinge aanmekaar moet kom. Hierdie tegniese kennis wat ons ontwikkel, stel ons in staat om die ontwerp deur te werk van idee tot uitvoering en dit maak ons beter en meer innoverende ontwerpers.

Enige raad vir aspirant-argitekte?

Kry en ontwikkel jou eie taal.

Vir meer inligting besoek David se webtuiste. Davidkrynauw.com

Vir nog wonderlike inspirasie, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.