Help, ’n veganis en ’n vegetariër kom eet by my!

Deur Salomé Delport. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die variasies van vegetariërs is genoeg om enigeen te verwar. Geen gasvrou wil haar gaste aanstoot gee nie, of met ’n rooi gesig sit omdat sy die kat (of is dit die bees?) aan die stert beet gehad het nie. Gelukkig is dit taamlik logies: Die basiese beginsel is dat elke groep die kositems wat hulle wel eet byvoeg by die term “vegetariër”, wat dit maklik maak om af te lei wat jy aan jou vegetariese gaste kan voorsit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Is daar genoeg proteïen in jou dieet?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die verskil tussen ’n veganis en ’n vegetariër

Die basiese konsep is dat vegetariërs nie die vleis van diere, voëls of seediere eet nie: Hulle eet dus nie vleis, hoender of vis of seekos nie. Maar daar is verskeie variante. Party eet wel voëls en vis – of vis maar nie ander diere en voëls nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Veganiste eet nie vleis van enige aard nie en daarby ook geen produkte wat van diere af kom nie – geen melk, jogurt, kaas of eiers nie. Baie sal nie eers heuning eet nie … en ook nie ’n leerhandsak besit nie.

Lees ook: 5 goed wat elke slim vegetariër by hul dieet sit

En dan is daar al die ander soorte keuses:

Wat eet ’n ovo-lakto-vegetariër?

Hierdie groep vegetariërs eet nie vleis, hoender of vis nie maar hull eet wel melk (“lakto”) en eiers (“ovo”).

Wat is pesketariërs?

“Peske” verwys na vis of seekos. Dus eet pesketariërs nie vleis of hoender nie maar wel vis en seekos.

En wat eet ’n pollotariër?

“Pollo-” verwys na hoender. Dié groep eet dus nie die vleis van diere nie maar wel hoenders, eend, tarentaal en so aan. Hulle eet ook eiers.

Dus eet pollo-pesketariërs …?

Jy is reg, hulle eet alles wat vlieg en in die water leef, maar nie landdiere soos bees, wild, skaap of vark nie.

Party verfyn hul beskrywings verder deur die terme oor en weer te kombineer. So sal ’n “ovo-pesketariër”  eiers en vis eet maar hoender en vleis uitsny, terwyl ’n lakto-vegetariër melk, kaas en jogurt eet, maar nie eiers nie.

Wat is fleksitariërs dan?

Hierdie groep eet groente en vrugte maar sal soms vis, hoender en selfs vleis eet. Vir hulle is insekte ook aanvaarbaar.

As jy Vrydae en/of Maandae vleisloos bly is jy self ’n fleksitariër.

Wat eet entomofage?

Hierdie groep eet alle soorte vleis, insluitende insekte. Hulle sal nie daarop aandring dat jy insekte moet voorsit nie, maar hulle sal ook nie omgee as jy insekte opdis nie …

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.