Verstaan jy die NQF-terminologie? Dis wat studente moet weet

Versorg deur Mariette Snyman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat presies is die Nasionale Kwalifikasieraamwerk – die National Qualifications Framework, of NQF?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Suid-Afrika het ’n register van alle kwalifikasies wat deur SAQA (die South African Qualifications Authority) bestuur word, en hierdie register word die NQF genoem.” Só sê dr Felicity Coughlan, direkteur van The Independent Institute of Education, ons land se grootste private hoër onderwysverskaffer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Een van die NQF se funksies is om die publiek teen bedrieglike opleidings- en onderwysverskaffers en onbruikbare kwalifikasies te beskerm. ’n Kwalifikasie wat nie geregistreer of geakkrediteer is nie, is nie op die NQF nie.”

“In Suid-Afrika is ons gelukkig genoeg om streng voorwaardes te hê waaraan opvoedinginstansies en opleidingsverskaffers moet voldoen. As jy wil gaan studeer, moet jy eers ’n paar belangrike vrae vra. As ’n instelling nie duidelike antwoorde op jou vrae kan verskaf nie, moet jy op jou hoede wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Kwalifikasie kan net waarlik ’n “kwalifikasie” genoem word indien …

1. Dit ’n minimum kredietwaarde van 120 het, en

2. By die NQF geregistreer is met ’n NQF ID-nommer wat soms ’n SAQA ID-nommer genoem word.

“Die kortste moontlike kwalifikasie duur normaalweg een jaar, omdat 120 krediete ’n jaar se studie verg. ’n Graad behels normaalweg 360 krediete, ensovoorts. As die studieduur nie hiermee in lyn is nie, is jy nie besig om ’n graad of ’n diploma te verwerf nie. Dan is jou studie bloot ’n kortkursus. As ’n Suid-Afrikaanse instelling jou dus ’n diploma bied ná drie weke se studie, is dit nie wettig nie, en moet die rooi ligte flikker.”

“As ’n opvoedingsinstansie ’n voornemende student nie van ’n program se NQF ID-nommer kan voorsien nie, moet daar omsigtig opgetree word; dan is dit nie ’n Suid-Afrikaanse kwalifikasie nie.

Die kortste moontlike kwalifikasie duur normaalweg een jaar

“Indien ’n instelling wel ’n NQF ID-nommer voorsien, moet die voornemende student dit steeds verifieer: gaan soek dit by http://regqs.saqa.org.za/. Gaan die kwalifikasie se vlak en kredietwaarde na, en stel vas wat dit behels. Dan kan jy hierdie inligting vergelyk met die bemarkingsmateriaal wat jy ontvang het om seker te maak hul beloftes en die werklikheid stem ooreen.”

Volgens Coughlan word kwalifikasies slegs op die NQF geregistreer indien hulle nagegaan en geakkrediteer is deur die Kwaliteitsraad (Quality Council) wat statutêr hiervoor verantwoordelik is.

pixabay

Suid-Afrika het drie sulke kwaliteitsrade

1. Umalusi is verantwoordelik vir kwalifikasies op skoolvlak, wat gelyk is aan vlak 1 tot 4 van die NQF.

2. Die Raad vir Hoër Onderwys (Council on Higher Education of CHE) is verantwoordelik vir hoër (post-sekondêre skool) onderwyskwalifikasies. Hulle lê op vlak 5 tot 10 en word aangebied duer geregistreerde private hoër onderwysinstansies en openbare universiteite.

3. Die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO) hanteer loopbaanopleiding en onderwys van vlak 1 tot vlak 6. Dis oorvleuel met Umalusi en die Raad van Hoër Onderwys, maar hier val die klem op die ambagte en beroepe, van loodgieters tot sjefs en selfs sekere aspekte van rekenmeesterswerk. Hierdie kolleges staan bekend as TVET – Technical Vocational Education and Training Colleges, in die verlede FET (Further Education and Training) Colleges genoem.

“Die vlak waarop ’n kursus op die NQF lê, is ’n aanduiding van hoe ingewikkeld die vakmateriaal is. ’n Doktoraal val op vlak 1, terwyl vlak 4 gelyk is aan graad 12 op skool.

“Slegs geregistreerde private en openbare instellings kan kwalifikasies wat op die NQF is, aanbied, terwyl beide private en openbare instellings kursusse op alle vlakke kan aanbied met goedkeuring van al die kwaliteitsrade. Dit beteken die enigste verskil tussen openbare instellings (universiteite) en private hoër onderwysinstansies – wat weens sekere regulasies nie na hulself as private universiteite mag verwys nie – is dat die openbare instellings subsidies van die regering ontvang, terwyl die private instansies dit nie ontvang nie.”

’n Grondige begrip van die NQF kan jou help besluit wat jy wil studeer, en waar

“As jy byvoorbeeld ’n sjef wil word, moet jy ’n private of openbare kollege vind wat deur die QCTO geakkrediteer is en as ’n private of openbare TVET College geregistreer is met ’n kwalifikasie op die NQF.

“As jy eerder ’n hoër onderwyskwalifikasie wil kry soos ’n graad, diploma of hoër sertifikaat (Higher Certificate), kan jy die geleenthede by enige van die land se 26 universiteite of 116 geregistreerde private hoër onderwysinstansies ondersoek.”

Daar is ’n volledige lys van al die geregistreerde private kolleges en hoër onderwysinstansies by www.dhet.gov.za/SitePages/DocRegisters.aspx

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.