kategorieë: Drankies

Dek ’n tafel

  • Wanneer jy die tafel dek, plaas elke persoon se glase bokant die regterkant van die mes.
  • As jy net een wyn bedien, is een wynglas en ’n waterglas voldoende.
  • Wanneer jy ’n paar gange gaan bedien, elk met ’n ander bypassende wyn, gaan jy ’n glas vir elke wyn benodig. Jy kan gerus verskillende stelle kombineer – gebruik wat jy het.
  • Met elke gang wat voltooi word, kan die bord weggeneem word, asook daardie gang se glas (mits dit leeg is).
  • As jy port of soetwyn ná ete bedien, kan jy die glasies eers aan die einde dek.
  • Dit is ’n slim idee om nog ’n paar skoon glase eenkant te hou – soms wil iemand aanhou met dieselfde wyn, maar verkies net ’n skoon glas. Skaf ’n skottelgoedwasmasjien aan voordat jy enigsins sulke uitgebreide partytjies aandurf!
  • ’n Tafel kan maklik oorvol raak as jy vier of vyf gange bedien. Hier is verskillende maniere waarop jy die glase kan pak en plek bespaar: Driehoek – drie glase: Gebruik die glas in die verste regterkantste hoek eerste en volg die driehoek antikloksgewys. Vierkant – vier glase: In die geval is die glas wat eerste gebruik word, die een regs onder, die volgende glas is die boonste een aan die regterkant en die res volg antikloksgewys. Reguit lyn – vyf glase: Die glase moet gepak word soos dit gebruik gaan word – net soos die eetgerei. Die glas wat jy eerste gebruik, is die verste regterkantste een. Die waterglas moet die laaste een wees, heel links. Die ry glase word gewoonlik diagonaal bokant die gedekte plek gepak, hoewel sommige mense verkies om dit liewer horisontaal te pak.

Rooiwyn saam met rooivleis en witwyn saam met witvleis – dis mos hoe ons geleer is. Maar met die beskikbaarheid van ’n groter verskeidenheid bestanddele en kookstyle is dié eenvoudige benadering tot kos-en-wyn-kombinasies nie meer so van pas nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het by die kenners gaan kers opsteek en van vandeesmaand gaan rooi rose in samewerking met die Insitute of Culinary Arts goeie kos-en-wyn-pasmaats op die proef stel. Wyn saam met lamsvleis Jong, geroosterde lamsvleis verskil in tekstuur en is meer subtiel in geur as ouer lamsvleis wat miskien lank en stadig in ’n bredie gestowe is. Kies eerder ’n ligter, vrugtige wyn om by die geroosterde lamsvleis te pas. Lamsvleis word gereeld met kruisementsous voorgesit, maar onthou dat ’n sterk kruisementsmaak die meeste wyne sal oorheers. ’n Versnit met shiraz of ’n merlot werk goed saam met jong, geroosterde lamsvleis en ’n meer volronde bordeaux sal beter werk by ’n lamsvleisbredie Hoekom werk dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Merlot se vrugtige, spesery-ondertone en parfuumagtige neus is goeie pasmaats vir die spesery-en-kruiegeure in die lamsvleis. Merlot het ’n kenmerkende droplekker-ondertoon en daarom pas die vinkel in die mayonnaise so goed daarby.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: wyn

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

23 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.