kategorieë: Drankies

Keldernotas: Brandewyn

Skink brandewyn só

  • Brandewyn word in bolvormige brandewynglase geskink. ’n “Snifter”, noem die Engelse dié glas. Dit is spesifiek vir die drink van sterk drank soos brandewyn, Armagnac en Calvados.
  • Die wye, bolvormige boom en noue nek verseker dat alle aromas van die brandewyn in die glas vasgevang word en waardeer kan word.
  • Hou die glas aan die voetstuk vas. Baie mense glo verkeerdelik dat die brandewyn effens warm bedien moet word en dat jy die glas in jou palm moet hou om dit effens warmer te laat word sodat die maksimum geur vrygestel kan word.
  • ’n Elegante manier om brandewyn te skink, is om die brandewynglas op ’n mooi damasservet op sy sy neer te sit. Die brandewyn wat in die holte van die glas gegiet word, behoort presies een sopie te wees.

Brandewyn is verreweg Suid-Afrikaners se gunstelingdrankie – meer as 45 miljoen liter van dié hardehout word jaarliks hier verkoop! Suid-Afrika is ook die wêreld se vyfde grootste produsent, wat meebring dat ons uit ’n groot verskeidenheid brandwyne kan kies. Sekere brandewyne word hoofsaaklik in mengeldrankies saam met kola, gemmerlim en kinawater gebruik. Maar die premium landgoed-brandewyne moet sonder byvoegsels gedrink en waardeer word, hoogstens met ’n ysblokkie of twee, of ’n bietjie water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Brandewyn is uniek omdat dit die enigste drank is wat van ’n ander alkoholiese drank – wyn – gemaak word. Dit word moontlik gemaak deur die natuurlike proses van distillasie waarby die vog in die wyn verdamp en weer kondenseer. Die woord “distil” kom van die Latynse woord “distillare” wat “om af te val” beteken. Van dié brandewyne is tot 12 jaar oud. Ná veroudering word die brandewyn deur gestapelde Franse eikehoutvate getap om vermeng te word. Dit word die Solera-stelsel genoem, en is ’n arbeidsintensiewe manier van vermenging, want die inhoud van elke vat op die stapel word altyd van bo af aangevul – dit sorg vir ’n sygladde en gebalanseerde eindresultaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is een van ons gunstelingmaniere om brandewyn op ’n koue Wintersaand te bedien. Jy hoef nie duur landgoedbrandewyn hiervoor te gebruik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: brandewyn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.