kategorieë: Drankies

Begin ’n wynversameling

Baie mense glo jy kan net ’n wynversameling hê as jy ’n oliemagnaat of die Amerikaanse president is. Maar ieder en elk kan met groot sukses ’n basiese wynversameling begin. Al wat jy nodig het, is ’n koel ruimte, soos onder ’n trap, of selfs ’n wynrak in die kombuis. Gebruik ons basiese riglyne vir jou beginnerskeuse en bou die versameling verder uit. Koop wyn waarvan jy hou. Spesiale wynwinkels bly ’n juweel, want daar kry jy gewoonlik goeie nasionale en internasionale wyne. Besoek ook verskillende wynkelders, want hier kry jy nie net die wyn nie, maar ook baie ander inligting. Soos wynskrywer Nonnie Dedekind tereg sê: “Dis beter om ’n klein versameling van 30 puik wyne te hê as om 100 gemiddelde wyne te besit.” Hier is ’n goeie beginnerskeuse:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dekadente, borrelende vonkelwyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Goeie vonkelwyn of bekroonde sjampanje is ’n moet om feestelike geleenthede of goeie nuus te vier. Pongracz is ’n goeie voorbeeld van ’n bekroonde vonkelwyn met perfekte balans, heuninggeure en ’n subtiele borrel.

’n Staatmaker-witwyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Goeie chardonnay is altyd ’n wenner. Ons keuse is die Neil Ellis 2002 Chardonnay. Dis ’n sagte, geurige, goed gebalanseerde wyn met neut-, suurlemoen- en pomeloondertone.

’n Sonderlinge witwyn

Hou een besonderse bottel witwyn op die rak – iets wat die mense aan die praat sal kry, of wat hulle dalk nog nie geproe het nie. ’n Lewendige, verfrissende wyn met sitrusen groenappelgeure, en ’n definitiewe blywende indruk, is Bushvine Sauvignon Blanc 2003 DC.
’n Staatmaker-rooiwyn

Kies pinotage of merlot wat maklik drink en by almal sal byval vind. Die Simonsig Stellenbosch 2002 Pinotage Redhill is ’n ideale keuse. Dis ’n ryk, volronde wyn met houding en heerlike framboosaromas.

Klassieke rooiwyn

Hier praat ons van die klassieke Kaapse treffers, interessante versnitte en ware versamelstukke wat jaar na jaar beïndruk. Ons stel ’n klassieke keuse voor: Meerlust Rubicon 1999, met sy kenmerkende kersie- en naeltjiegeure en ’n titseltjie strooi- en sigaarondertone; en Kanonkop Paul Sauer, ’n legende uit eie reg!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.