kategorieë: DekorLeefstyl

Dekor: Lampe vir winter

#rooirosewenk: Soms is dit goed om verskillende lampe te meng – afhangende van die vertrek se grootte. Indien ’n hanglamp baie aandag trek, moenie te veel ander lampe saam met dit gebruik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hanglampe

Indien jy ’n wit plafon het, sal ’n donker hanglamp automaties die fokuspunt wees. Daar is ook die keuse tussen ’n hanglamp met ’n skerm, en een sonder ’n skerm. Wil jy ’n skerp lig in jou vertrek hê of liewer iets wat gekoepel word vir ’n dowwer effek? Alles hang af van die spesifieke vertrek. As dit ’n studeerkamer of kantoor is, sal jy ’n skerper hanglig benodig en dalk ’n ekstra lampie op die lessenaar (vir saans wanneer jy nie ’n baie skerp lig benodig nie).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Staanlampe

Hierdie lampe kan vinnig in die pad wees. Maak seker dat jou vertrek dit toelaat en dat daar plek is. Gewoonlik word ’n staanlamp in ’n hoek gebruik, sodat sy voetstuk nie plek opneem nie. Wanneer ’n staanlamp langs ’n bank gebruik word, moet dit die styl van die bank komplimenteer. ’n Sagte bank saam met ’n sag gevormde en ligte lamp werk goed saam. ’n Staanlamp is gewoonlik slegs vir atmosfeer, nie vir praktiese doeleindes nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Muurlampe

Lampies teen die muur word gewoonlik as dekoratiewe elemente gebruik. Aksent-beligting kan gebruik word om pragtige skilderye of foto’s teen ’n muur op te helder. Dan word dit ook op ’n praktiese manier gebruik in areas soos by jou bed (vir wanneer jy lees). Gebruik dit ook by ’n bank waar daar gelees word. Hierdie lampies is die beste keuse wanneer dit kom by spasie, juis omdat dit baie spasie in ’n vertrek spaar.

Tafellampe

Kies jou tafellampies slim – as die skerm van die lampie nie die hele gloeilamp bedek nie, kan dit maklik ’n ongemaklike skerp lig in jou gaste se oë laat skyn. Kies lampies met ’n interessante basis/nek. Nog ’n idee is om die basisse van die lampies nie eenders te hê nie, maar wel die lampskerms. Jy kan dan speel met verskillende hoogtes, maar die algehele voorkoms lyk nog effens dieselfde.

Moet nooit vergeet van die rol wat natuurlike lig speel nie. Ons streef altyd daarna om krag te spaar – moenie te veel lampe en ligte op een slag aanskakel nie.

Verbruikersgids

Illumina: illumina.co.za
Knus: knus.co
Mr. Price Home: mrphome.com
Superbalist: superbalist.com
Weylandts: weylandts.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke
Tags: winterlampe

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.