1 item 3 maniere: Denimbaadjie
Denimbaadjie: 1 item, 3 maniere deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ons kies dié denimbaadjie van Witchery, R1 198,99, beskikbaar by Woolworths
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hoewel mens soms gedruk voel om elke liewe tendens slaafs na te volg, erken modekenners self dat klassieke items die beste belegging vir jou klerekas is. Wat egter klassiek vir jóú beteken hang af van jou persoonlike styl en wat die beste by die res van jou klerekas inpas. ’n Veilige keuse vir ’n denimbaadjie is ’n noupassende snit van rekbare materiaal, soos hierdie een.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hier is 3 maniere om jou denimbaadjie te dra.
Denim-op-denim was in die jare negentigs groot, en dit is nou terug met ekstra woema! Moenie bang wees om jou denimbaadjie saam met jeans te dra nie. Hierdie bypassende styl skep vir jou die geleentheid om rond te speel met jou hemde, skoene en bykomstighede. Jy sal verbaas wees hoe veelsydig hierdie tendens stileer kan word. Pak ’n besige dag aan met ’n prettige t-hemp en ’n paar aanglipskoene, of blokhakke as alternatief. Kies ook groot, bonkige oorringe saam met hierdie negentigs-styl wat nou weer terug is.
Denimbaadjie van Witchery (R1 198,99) Woolworths
Noupyp-jeans (R329) H&M
Chanel-hemp (R399) TILONÈ
Aanglipsandaal (R690) Espadril
Oorringe (R299) Woolworths
Skouersakkie (POA) Cape Cobra Leather Craft
Lees ook: Die vleiendste denimromp vir jou figuur
Die maksirok is tydloos, maar sy styl trek elke seisoen ’n “nuwe baadjie” aan – daar is nuwe patrone, kleure of ’n ander snit. ’n Denimbaadjie is die perfekte pasmaat vir enige rok en boonop is die denimmateriaal ook geskik vir daardie tussenin-dae wanneer die onvoorspelbaarde skemerwindjie begin waai. As jy voel jy verloor jou figuur met ’n vloeiende rok en baadjie, kan jy ’n gordel om jou middel bind. Sommige modekenners bind deesdae selfs hul gordels bo-oor hul baadjies vas.
Denimbaadjie van Witchery (R1 198,99) Woolworths
Maksirok (R799) H&M
Geweefde strooisak (R659) Zara
Sonbril van Dolce&Gabbana (POA) Luxottica
Hakskoen (R759) Zara
Hoewel denim nie noodwendig as formeel beskou word nie, bewys bekendes soos Cameron Diaz en Reese Witherspoon dat jy maklik jou luukse uitrustings in die dag kan dra deur ’n stylvolle dagvoorkoms te skep met ’n denimbaadjie. Dalk het jy op ’n tyd ’n avontuurlustige blinkerrokkie of -hemp gekoop, maar het nooit die moed om dit te dra nie: Probeer dit eendag vir ’n afspraak saam met gemaklike hakke, ’n groot drasak en jou denimbaadjie.
#rrwenk: Hou jou bykomstighede in hierdie geval eenvoudig.
Denimbaadjie van Witchery (R1 198,99) Woolworths
Silwerrok (POA) Zara
Sterlingsilwer oorringe (R300) Katmeleon
Hakskoen van Charles & Keith (R829) Foschini
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.