Benna, dis crazy. Ons werk vir ’n no-name, no-prestige outfit, ons moet lieg soos criminals, en ons jaag spoke van twaalf jaar terug. Ek sê jou, dis die end times dié.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }’n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } ’n Oud-recce vermoor as ’n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. ’n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met ’n onontsyferbare kode daarby. ’n Mooi veldgids, gewerf as ’n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer. Jy’t ’n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy’s bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, ’n datum wat op hom afkom soos ’n sneltrein. En hy’s glad nie reg vir dié ding nie. Dis ’n resep vir ’n ramp.Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in dertien misdaadromans (onder meer Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015, Koors, 2016, Prooi, 2018, en Donkerdrif, 2020. Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV-prys vir Spanningsfiksie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Publikasiedatum: 27 Oktober 2023
Prys: R360,00 Kategorie: Afrikaanse roman ISBN-13: 9780798183383 Digitale-uitgawe Prys R330,00 Epub ISBN: 9780798183390* Prys onderhewig aan verandering
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.