kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die beste melk vir kalsium

Kameelmelk en buffelmelk is nou ook plaaslik beskikbaar. En dan is daar ook die talle plantmelke op ons winkelrakke, soos sojamelk, klappermelk en amandelmelk. Álmal is baie duurder as gewone koeimelk. Bied dit egter meer waarde vir geld as doodgewone koeimelk?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Melk as jou kalsiumbron

Waarom drink die meeste van ons melk? Omdat dit tee en koffie heerlik laat smaak. En wat is melktert sonder melk? Of pap daarsonder? En wat van jogurt en kaas? ’n Yskas sonder melk en melkprodukte is leeg! Maar as dit kom by jou gesondheid, soek jy meer as net die lekker dinge in die lewe. Jy soek ook vitamiene, minerale, proteïen en gesonde vette. Hiervoor is melk ’n kampioen soos min. Kyk net wat is alles in melk:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Kalsium

Die vernaamste waarde van melk lê daarin dat dit jou van kalsium voorsien, wat jou liggaam opneem en dan gebruik om ’n sterk skelet te bou wat osteoporose-bestand is. Die béste melk – die een wat die kroon verdien – is dus die een wat jou van die meeste kalsium voorsien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koeimelk is toe nié die beste bron van kalsium nie. Buffelmelk, skaapmelk, bokmelk, amandelmelk en selfs rysmelk klop gewone koeimelk, met 15-50% meer kalsium per koppie melk. Maar dit is nie die hele storie nie …

2 Ander voedingstowwe in melk, soos magnesium

Jou liggaam sukkel om kalsium op te neem. Dit het ‘helpers’ nodig, en spesifiek magnesium. Daarsonder gaan die kalsium in die melk verlore. ’n Ander kalsiumhelper is vitamien D, waarvan melk ook ’n goeie bron is. Goeie melk moet dus ook ’n ryk bron van magnesium wees en vitamien D bevat. Al die dieremelk bevat al twee, terwyl geen van die plantmelke – sojamelk, klappermelk en selfs amandelmelk – enige magnesium of vitamien D bevat nie. Dus, al bevat hulle genoeg kalsium, gaan dit grootliks verlore.

3 Vitamiene A, B en proteïene

Melk bevat nog meer as bloot kalsium en magnesium. Dit is een van ons beste bronne van ’n hele aantal ander voedingstowwe, onder andere:

  • proteïene vir groei, spiere en energie
  • minerale soos kalium
  • skaars vitamiene soos B12 en folaat wat goed is vir jou brein en senuweenetwerk
  • vitamien A wat goed is vir jou vel en sig.

Nog ’n vereiste vir ’n melksoort om as die beste te kwalifiseer is dat dit ryk aan ander voedingstowwe moet wees. Hier klop enige van die dieremelk al die plantmelke.

Voedingsdigtheid

’n Belangrike voedingskonsep is die een van voedingsdigtheid, of nutritional density. Alle kosse bevat voedingstowwe, energie of kilojoules, wat jy as die ‘prys’ kan beskou wat jy daarvoor betaal. Die ideale voedsel het ’n hoë voedingsdigtheid (baie voedingswaarde teenoor min kilojoules.)

Hoe lyk die verskillende melksoorte se voedingsdigtheid? Melksoorte bevat drie komponente wat mens nie verwag nie, naamlik suiker, cholesterol en vet. Saam bepaal hulle die kilojoulewaarde van die melk. Die beste melk sal jou dus die meeste voedingswaarde vir die minste kilojoules gee.

Die beste melk bevat dus

  • Baie kalsium, magnesium, proteïene en ander voedingstowwe soos folaat, vitamien A, vitamien B en folaat
  • Min kilojoules, en dus minder vet, cholesterol en suiker

Hoe vergelyk koeimelk met ander melk?

Ons het die syfers vir jou bymekaar gesit. Die beste waardes is in rooi gemerk en  die naaskompeterende waarde is in blou.

Die eerste tabel vergelyk koeimelk met die melk van ander diere, soos skaapmelk, bokmelk, kameelmelk en buffelmelk. Die tweede tabel vergelyk koeimelk met die melk van plante, soos amandelmelk, sojamelk, rysmelk en klappermelk.

In een koppie Koeimelk 2% Skaapmelk Bokmelk Buffelmelk Kameelmelk
Kalsium mg 305 477 348 412 293
Magnesium mg 35 45 35 76 27
Kalium mg 485 340 610 434 125
Vit B12 ug (teken vir microgram)  ??

1,1

0,7

0,25

0,88

3.9

Folaat ug ?? 12 Onbekend-17 2,25 15 onbekend
Vit A  IU 500 365 462 434 224
Proteïen g 8,2 15 9,0 9,1 5,6-7.5
Vette g 5 18 10,2 16 9
Laktose g 12 13 10,9 12 11
Cholesterol mg 20 28 28,5 46 17
Kilojoules kJ 640 1130 720 1160 450

(Bron: SA NRIND Food Composition Tables, NDAL vir buffelmelk en IACC vir kameelmelk)

In een koppie Koeimelk 2% Sojamelk

(tipies)

Klappermelk Amandelmelk Rysmelk
Kalsium mg 305 110 0 333 313
Magnesium mg 35 0 0 0 0
Kalium mg 485 510 0 0 0
Vit B12 ug ?? 1,1 2,1 0 0 1
Folaat ug ?? 12 0 0 0
Vit A  IU 500 0 0 0
Proteïen g 8,2 10 4,8 1,3 1
Vette g 5 5 19 3
Suiker of laktose 12g laktose 10g suiker, geen laktose 3g suiker, geen laktose 3g suiker, geen laktose 33g, geen laktose
Cholesterol mg 20 0 3g 0 0
Kilojoules kJ 640 345 1540- 2320 410 – 995 580

(Bronne: SA NRIND Food Composition Tables, en die verpakkingsetikette van verskillende produkte by Pick n Pay en Woolworths. Waar meer as een beskikbaar is, is ’n gemiddelde waarde geneem, aangesien die waardes relatief na aan mekaar gelê het.)

Ons was verras oor die volgende:

  • Sommige melksoorte klop koeimelk ten opsigte van kalsium. Daar is meer kalsium in skaapmelk, buffelmelk en bokmelk as in koeimelk
  • Amandelmelk en rysmelk bevat baie meer kalsium as koeimelk
  • Ons het nie besef dat plantmelk géén magnesium bevat nie. Nie een daarvan is dus ’n goeie bron van kalsium nie, tensy jy moeite doen om magnesium uit ’n ander voedsel by te sit.
  • Koeimelk bevat aansienlik minder cholesterol as skaapmelk, bokmelk en buffelmelk
  • 2% koeimelk bevat verreweg die minste vet
  • Koeimelk is in die meeste kategorieë die wenner/naaswenner. Dit plaas koeimelk as ons topkeuse

Wat as jy allergies is vir koeimelk?

As jy allergies is vir melk of aan laktose-intoleransie ly, is koeimelk nié vir jou nie.

Nota oor melk vir allergiese kinders en babas

Ons spreek hier glad nie die voeding van babas en jong kinders aan nie. Melkallergie of melkintoleransie by hierdie kinders moet professioneel deur ’n dieetkundige hanteer word.

Lees ook: Moet ek kalsium neem? Of is te veel sleg vir my?

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.