kategorieë: Velsorg

Die beste velsorgraad

Sonblok, sonblok, sonblok

Kundiges is dit eens: Die son verinneweer ons velle en die allergrootste velsorgfout wat jy kan maak, is om nie élke dag sonskerm te gebruik nie. Dr. Willie Visser, hoof van dermatologie aan die Universiteit Stellenbosch, sê jy moet daagliks ’n sonblok met ’n sonbeskermingsfaktor van minstens 30 gebruik. Bly ook uit die son, en vermy ’n sonbed tot elke prys. ’n Sonbed se strale is net so gevaarlik soos die middagson tussen 12 en twee, indien nie gevaarliker nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

‘Gebruik ’n goeie sonblok onder jou onderlaag. Minstens een teelepel sonblok op jou gesig bied sonbeskerming. Slegs ’n onderlaag is nie genoeg nie’ – Cheryl Parker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volg ’n velsorgroetine (en hou daarby)

Elsa Kruger, skoonheidskrywer vir verskeie publikasies en van www.mooipraatjies.com, gee raad: Oud of jonk, as jy nie jou velsorgroetine getrou volg nie, is dit tyd vir verandering. Gebruik jou velsorgprodukte getrou en gereeld in ’n vaste roetine, elke dag, soggens en saans, om die beste resultate te verkry.

As jy in jou vel belê met ’n getroue roetine en goeie produkte, sal jy die vrugte daarvan pluk en nie voor jou tyd oud lyk nie. Goeie produkte werk regtig. Dit gaan nie oor hoe duur ’n produk is nie, dit gaan oor hoe doeltreffend jy dit gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons sê:
Onthou ook om nie jou vel met serums, olies en oogrome te oorweldig nie, hou dit eenvoudig  en hou daarby.

Trou dié twee produkte

Cheryl Parker, haar- en grimeerkunstenaar: Beskou afskilfering en ’n masker as een roetine. Gebruik ’n masker direk nadat jy jou vel afgeskilfer het. Dit help dat die masker die vel beter binnedring en doeltreffender werk.

Elsa Kruger: Wanneer jy versuim om gereeld af te skilfer gaan selfs die beste en duurste produkte nie werk nie, dit gaan sit bloot bo-op die droë horinglaag van die vel en geen bestanddele kan deur die lagie dring nie. ’n Ensiemskilferaar werk sagkens om dooie velletjies te verwyder. Ek verkies dit bo korrelskilferaars wat die vel kan krap of skraap.

Los uit!

Cheryl Parker: Inflammasie en pigmentasie is die gevolg van jou gevroetel met puisies, veral as daar ook sonblootstelling is. Hiperpigmentasie vind plaas wanneer melanien – die pigment wat kleur aan die vel gee – ooraktief raak om die vel te beskerm wanneer jy ’n velwond opdoen. Daarom is die blootstelling van so ’n wond (of puisie) aan die son nie ’n goeie idee nie, want die plek sal met ’n oorvloed melanien behandel word. Hou maar jou hande van jou gesig af, anders gaan jy vir altyd met ’n lelike letsel sit.

‘Sit ys op die knoppies of puisies wat hul verskyning maak. Dit verminder inflammasie en versnel die herstel van die puisie’ – velsorgterapeut Sonette Donker.

Grimeer slim

Moenie in ’n groef verval nie en pas die kleure en teksture van jou grimering aan namate jy ouer word. Onthou, minder IS meer. Wat vir jou gewerk het toe jy twintig was, deug nie meer in jou veertigs nie. Pas jou grimering en voorkoms aan by die tye en sorg dat jy op die hoogte bly van moderne neigings, tegnieke en produkte – moenie bang wees om te eksperimenteer nie.

Elsa Kruger: As jy vaal of uitgewas voel, is blosser die vinnigste manier om jou voorkoms op te helder. Dis die veelsydigste toording in jou smuktas. Jy kan dit vinnig en liggies oor jou wange, voorkop, ooglede en lippe swiep vir kleur en ’n gesonde gloed. Maskara verrig wonders. Ek is blond en namate ek ouer word, lyk ek al hoe bleker, valer en uitgewas. My wimpers en wenkbroue word gereeld gekleur, en al het ek geen tyd voor ek by die huis uitgalop nie, wys ek nie my gesig in die openbaar sonder maskara nie – dit gee my in ’n oogwink ’n “gesig”.

Die verskil tussen veltipe en veltoestand

Moenie veltipe met veltoestand verwar nie. Mense met ’n olierige vel glo dikwels hulle het min vogroom nodig omdat meer bevogtiger die vel vetteriger sal maak. Die resultaat is dat die talgkliere daarvoor vergoed en meer olie afskei.

Cheryl Parker: Die meeste veltipes is gedehidreer vanweë interne en eksterne faktore soos te min slaap en besoedeling. Dit is belangrik om ’n ordentlike velsorganalise te laat doen om te bepaal wat jou veltipe is en of jy ’n veltoestand soos pigmentasie of aknee het wat aandag nodig het.

‘Daar is nie iets soos ’n “one size fits all”-velsorgroetine nie. ’n Professionele terapeut of kenner kan ’n velsorgroetine aanbeveel wat jou sak en leefstyl pas en wat boonop goeie resultate lewer’ – Sonette Donker.

Dra ’n sonbril en gebruik ’n oogroom

Elsa Kruger: Dra van vroeg af al ’n sonbril. Dit beskerm nie net jou oë nie, maar ook die delikate vel om die oë.

Cheryl Parker: Gebruik saans ’n oogroom of jel om jou oë om fyn plooie te verminder en die vel te bevog. Die vel om jou oë is fyner en het ’n spesifieke formule nodig wat die sensitiewe dele om die oë hidreer.

Onthou jou hande en nek

Jou gesig hou nie by jou ken op nie. Moenie jou nek en halslyn afskeep wanneer jy velsorgprodukte en sonskerm aanwend nie, want hulle is die eerste verklikkers van veroudering. Kyk maar hoe mooi lyk Sophia Loren se hals nog op tagtig!

‘Wend sonskerm aan jou nek, veral as jy jou hare kort dra, anders sit jy eendag met ’n skilpadnek’ – Elsa Kruger

Ons sê: Kies ’n handeroom met sonbeskerming, en wanneer jy jou handeroom aansmeer, smeer sommer aan jou hals en agter jou nek.

Vitamien A

Al is dit ou nuus dat vitamien A die vroeë tekens van ouderdom teëwerk, bly dit ’n gunsteling onder die kenners.

Sonette Donker, ’n velsorgterapeut, sê Retinol is ’n fantastiese bestand-deel wat die sigbare tekens van velveroudering en hiperpigmentasie teëwerk en ook jou vel teen vrye radikale (soos besoedeling) beskerm. Retinol is regtig ’n wondermiddel en hou jou vel jonk en gesond. Ek gebruik elke aand ’n goeie serum wat retinol bevat. Onthou om altyd ’n goeie sonblok te gebruik wanneer jy retinol gebruik, want die retinol maak soms die vel sensitief, en veral sensitief vir sonblootstelling.

Elsa Kruger: Retinol is my gunsteling-teenverouderingsproduk, en niks kom daarby nie. Ek gebruik dit elke aand.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.