Die brug is amper hier!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke diep in die Outeniekwaberge, waar ‘n nuwe groep vreemdelinge op die oewer van ‘n dam bymekaarkom. Die skat waarna hulle soek, is op ‘n eiland 200 meter van die oewer af. Om die skat te kry moet hulle saam ‘n brug bou met hulle eie hande – in net 13 dae. Almal sal saam moet werk, maar aan die einde gaan net een van hulle oorstap om die skat op te eis en vir hulself te hou of met die hele groep te deel. Wie is die dapper siele wat die uitdaging gaan aandurf? En gaan die wenner hierdie keer deel of nie?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Ontmoet die akteurs van Niggies se 1980’s-era
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
’n Splinternuwe groep spelers en twee keer meer drama. Dít word alles belowe in die lokprent van die tweede seisoen van Die brug – die avontuur-realiteitsreeks wat spelers fisies en geestelik uitdaag tot een uiteindelik as die wenner aangewys word.
Die eerste seisoen was ’n treffer by kykers en is ook vir ’n internasionale Emmy-toekenning benoem, ’n reusepluimpie vir almal betrokke. In Die brug moet spelers saamwerk om ’n brug te bou om by die skat – ’n stewige R1 miljoen – uit te kom, maar dié reeks het meer kinkels as ’n bol staalwol. Nes die spelers én die kykers dink hulle weet wat kom, besluit die mense wat die toue agter die skerms trek: wag net so ’n bietjie …
Neil Sandilands is weer die verteller, maar om te weet wie die deelnemers is, gaan kykers geduldig moet wees.
Die tweede seisoen van Die brug begin op Donderdag 8 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.