kategorieë: Blogs

Die ding met denim

Denim fassineer my. Wat ís dit wat soveel mense al so lank sover kry om hul bene, arms en ander liggaamsdele in denim te drapeer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toegegee, denim het tradisie. Die matrose van Genua het dit glo al in die sestiende eeu gedra. Die woord jeans, lees ek, kom van die Franse frase bleu de Genes, oftewel “die blou van Genua”. Denim is oorspronklik in die Franse stad Nîmes vervaardig – de Nîmes ken ons vandag as denim. Die materiaal uit Nîmes was van ’n beter kwaliteit as dié uit Genua.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis hier rondom 1870, toe al wat leef agter goud aan was, dat die duursame materiaal tot sy reg gekom het. In die VSA het Levi Strauss die briljante ingewing gehad om ’n werkersbroek met klinknaels te ontwerp wat gou ’n gunsteling onder Kaliforniese steenkoolmynwerkers geword het, veral toe Strauss dit van die keperstof uit Nîmes begin maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nadat James Dean jeans gedra het in “Rebel without a cause” was dit ’n simbool van jeugdige rebellie. Denimdraers is dikwels toegang tot teaters, restaurante en skole geweier. In die jare sestig het dit aanvaarbaarder geword en teen die 1970’s was dit ’n modegier. Tien jaar later het ontwerpersjeans die wêreld getref.

Ek wonder of dit die teenstellings is wat denim daardie ietsie ekstra gee. Dit skep ’n robuuste werkersgevoel, maar is ook gewild onder mense in gesofistikeerde kringe. Mans wat dit dra lyk manliker, maar vroue lyk steeds vroulik. Denim simboliseer protes teen konformiteit, maar word deur soveel mense gedra dat dit nie anders kan as om ’n samebindende faktor te wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Denim skep die verwagting van eenvormigheid maar fnuik dié verwagting keer op keer. Ek vermoed die neurologiese bedrading wat ons van ons oergrootjies geëerf het – dat ons deel van die groep móét bly om te kan oorleef – word op ’n unieke wyse deur denim aangespreek. As denimdraers lyk ons eenders, maar anders. Presies wat ons wil hê.

Denim is vir my mooi. En ’n man in ’n blokkieshemp en denimbroek nog mooier. Veral as sy oë die kleur van bleu de Genes is en hy die gemaklikheid en krag van denim uitstraal.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.