kategorieë: Bekendes

Emily Gray inspireer ons

Dapperheid is nie net vir superhelde beskore nie. Daar is dikwels dapper mense om ons wat ons daagliks inspireer. Mense soos Emily Gray.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy was maar elf jaar oud toe sy ’n uitdaging moes aanpak wat die res van haar lewe sou definieer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Emily het ’n normale gesonde kinderlewe gehad, omring deur ’n liefdevolle, ondersteunende familie. Sy het uitgeblink in sport en haar passie in middel-afstand wedlope uitgeleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar haar liefde vir atletiek het tot ’n einde gekom toe dokters haar en haar ouers ingelig het dat sy osteosarkoom, ’n gevaarlike vorm van kanker, in haar femur het.

Emily moes self die besluit neem of haar been geamputeer moet word om haar lewe te red. Sy was maar elf jaar oud. ’n Baie dapper besluit vir ’n jong kind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar dit was ’n wyse besluit. Twaalf jaar later is sy ’n Springbok-swemmer en sy het al twee keer die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span verteenwoordig.

Sy glo dat die swaarkry wat sy ervaar het toe sy jonger was, deel was van ’n groter plan vir haar. Sy is die toonbeeld van dapperheid en is iemand wat nie stuit om ’n moeilike situasie te oorkom nie. Sy doen dit boonop met ’n positiewe uitkyk op die lewe.

Sy het ’n lewensfilosofie wat haar help om uitdagings te bowe te kom.

Volharding is vir haar ononderhandelbaar.

“Ek dink dis een van die moeilikste dinge om te doen, want opgee is makliker as om deur te druk,” sê Emily.

Sy is gemotiveerd om vir haarself te veg al is die uitdaging moeilik.

“Mens moet in jouself glo. Jy moet oortuig wees jy kan iets doen. Dit is ’n bewustheid waaraan jy voortdurend moet werk.”

Sy het geleer om te aanvaar dat daar dinge is waaraan mens nie kan verander nie en sy kweek begrip by haarself om situasies te verstaan.

Emily verduidelik die sleutel tot dapperheid is die uitdaging wat jou die geleentheid gee om dit te bowe te kom en om die situasie te aanvaar.

“Deur situasies te bevraagteken en te analiseer, kan dit jou afskrik om dit te aanvaar en te hanteer. Verstaan dat daar ’n rede is hoekom jy met die uitdaging gekonfronteer word en dat dit deel is van ’n groter prentjie.”

Mens moenie skaam wees om vir hulp te vra nie, glo sy.

Dit gebeur dikwels dat mense wat deur moeilike tye gaan te skaam is om vir hulp te vra en die taak op hul eie probeer aanpak.

“Hoewel jy sterk genoeg is om jou omstandighede die hoof te bied sonder die hulp van ander, hoef jy nie altyd alles alleen aan te pak nie,” verduidelik Emily.

“Ek was baie bevoorreg en geseënd om die ondersteuning van my familie te hê. Hul liefde was geweldig belangrik en ’n integrale deel om my te laat besef dat dit nie ’n geveg is wat ek alleen hoef te veg nie.”

Hoewel dit moeilik is om te aanvaar of te verstaan is die proses om die stryd aan te pak deel van jou reis, verduidelik Emily.

“As ek terugkyk, sou ek nie verander wat ek deurgemaak het nie. Dit was moeilik, maar dit het my die persoon gemaak wat ek vandag is en ek het absoluut geen berou nie. As ek nie deur my beproewing moes gaan nie, sou ek waarskynlik nie die mens gewees wat ek vandag is nie en ek sou waarskynlik nie bereik het wat ek tot nou toe bereik het nie. Ek is dankbaar want dit het my gedwing om baie ander struikelblokke in te oorkom.”

Sy meen die beste raad wat sy aan ander kan gee, is om vooruit te beweeg en na die toekoms te kyk.

“Moenie opgee en jouself bejammer nie. Aanvaar wat gebeur het en streef daarna om dit te oorwin. Moet nooit vergeet dat daar mense is met wie dit slegter gaan nie. Elkeen stry sy eie stryd. Soms is dit inspirerend om te sien hoe ander moeilike situasies oorwin en inspireer dit jou om omstandighede aan te pak wat sal aanspoor om dapper te wees,” sê sy.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.