kategorieë: ReisOntspanning

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net 12km’s buitekant Irene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie jaar bied hulle meer as 500 topgehalte uitstallers vir kampeerders, grondpadverslaafdes, reisigers, groenvingers, braaiers, versierders, avontuurluste, en buitelugliefhebbers aan. Verwag honderde produkte wat elke Suid-Afrikaner se hart begeer, met 7 ekspo’s in 1!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kom verken, geniet, en ontspan vir 3 onvergeetlike dae in die buitelug. Gooi jou foon by die ruit uit. Nooi jou familie en vriende. Bring vir ouma, die kinders, en die honde – Híér, is iets vir almal…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat word hierdie jaar aangebied? Kyk gerus na hulle unieke ekspo-afdelings hieronder!

CAMP X

Verken die nuutste en luukste karavane, sleepwaens, daktente, en topgehalte kamptoerusting van die beste in die industrie.

ADVENTURE X

Ontdek ongelooflike vakansiebestemmings vir jou volgende familie-wegbreek, maak gereed vir onvergeetlike avonture, of besigtig “glamping” produkte vir jou miljoen-ster ontsnapping.

DECORATE X

Vrou, liefling, ouma, sussie – Knap jou leefruimtes op met unieke buitelugdekor en kunsvlyt, of bederf jouself met die mooiste ontwerpersklere en vroulike versierings.

AUTO X

Bekyk nuut-bekendgestelde voertuie van jou gunstelling handelsmerke, suspensies, bande, 4×4 bykomstighede, of neem ‘n toetsrit in jóú volgende sleepvoertuig.

BRAAI X

Ons gunstelling geleentheid van die week, in reën of sonskyn, bring dit ons bymekaar. Slaan jou bure se voete onder hulle uit met jou nuwe braai gereedskap – jy verdien dit.

GARDEN X

‘n Splinternuwe afdeling by Outdoor X 2025. Ons tuinafdeling bied alles aan wat jy nodig het vir beide die tuin en stoep, sodat jy meer tyd buite kan spandeer, selfs al is jy tuis.

LIFESTYLE FAIR

‘n Fynproe-geleentheid om nie mis te loop nie! Hierdie jaar bied Outdoor X die eerste Lifestyle Fair aan, met meer as 50 wyne, biere, en likeurs om te proe (alles ingesluit by jou kaartjie). Skakel bietjie af na ‘n week van harde werk…

Bonop dit wag daar ‘n reeks buitelug aktiwiteite jou in, insluitend helikopterritte bo Rietvlei Natuurreservaat, ‘n rotsklim toring, fietsry-uitdagings, ‘n hondeskou, en Afrika se grootste opblaashindernisbaan (vir alle ouderdomme).

Dink liplekker kos, musiek vermaak, met jou skoene uitgeskop op die gras – Nou dis wat jý verdien!

rooi rose is ‘n troste media vennoot van Outdoor X 2025

KRY JOU KAARTJIES HIER of by Quicket

  • Vrydag 30 Mei (11h00 – 17h00)

Volwassenes: R150 (R120 Aanlyn)

  • Saterdag 31 Mei (09h00 – 17h00)

Volwassenes: R200 (R180 Aanlyn)

  • Sondag 1 Junie (09h00 – 15h00)

Volwassenes: R200 (R180 Aanlyn)

Alle Onder 13’s – GRATIS!

Lees ook: Hou groen vakansie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

20 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

24 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.