kategorieë: KosSomerkos

Die geheim van die perfekte somerslaai

Verskeidenheid, verskeidenheid, verskeidenheid!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer jy jou somergroente saamgooi, is verskeidenheid van die uiterse belang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

· Verskeie teksture: Maak seker jy voeg iets krakerigs by jou slaai. Dit sal elke happie tekstuur gee.

· Verskeie geure: Dink aan ’n verskeidenheid van geure, soos soet, sout, umami, bitter en branderig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

· Verskeie kleure: Wanneer jy na jou slaai kyk, moet jy ’n verskeidenheid van verskillende kleure groentes met ’n groot verskeidenheid voedingstowwe sien.

Wanneer jy verskeidenheid in jou slaaie wil skep, is plaaslike boeremarkte ’n goeie plek om te begin. Verskeidenheid is gewaarborg, want boere verkoop slegs vars produkte wat tans in seisoen is. Seisoenale vrugte en groente het meer voedingstowwe en gewoonlik ook meer smaak!

Raak kreatief!

Die volgende stap is om buite die boks te dink.

Onthou: Slaai hoef nie altyd net met rou groente gemaak te word nie. As jy iemand is wat kookkos verkies, kan jy ’n paar verskillende tipes gekookte groenteslaaie maak. Of jy kan ’n mengsel van gekookte en rou groente in jou slaai gebruik.

Wanneer jy met nuwe slaaiskeppings vorendag kom, help dit dalk om aan drie afsonderlike kategorieë vir slaai te dink:

Vars – Jy maak ’n vars slaai wanneer jy vars groente vat en dit in lae op mekaar sit. Baie mense vergeet om iets krakerigs (soos neute, sade of krakerige groente) en ’n verskeidenheid van geure (soet, suur, sout en umami) by te voeg.

Gekook – As jy ’n gekookte slaai wil maak, rooster of stoom jy ’n verskeidenheid van groentes en voeg iets soos sade, neute, souse, boontjies, kaas of gedroogde vrugte bo-op. Oorweeg die volgende groentes vir jou gekookte slaai: eiervrug, soetrissies, murgpampoentjies, sampioene, aspersies, soetpatat, botterskorsie, broccoli, Brusselse spruite of blomkool by.

Voorafgemaakte slaaie: Voorafgemaakte slaai is soortgelyk aan die slaai wat jy in die deli by jou plaaslike, gesonde koswinkel sal kry. Die lekker ding van hierdie slaai is dat jy baie aan die begin van die week kan maak en dit dan saam met blaargroentes of in ’n bak bo-op bruin rys en quinoa kan bedien.

Slaai in ’n fles – Hierdie metode is nie net vir Pinterest-foto’s bedoel nie. Dit kan baie eenvoudig wees en jy kan dit by die huis maak. Gebruik verskillende houers vir jou slaaie vir ’n bietjie verandering.

Onthou om die slaai laag vir laag te pak met die swaarder bestanddele onder en die ligter bestanddele bo, byvoorbeeld kekerertjies, quinoa of amandels sal onder wees, en spinasie, spruite of radyse is bo-op.

Laat waai!

Soos jy kan sien, is daar baie opsies wanneer jy ’n slaai wil maak. Nou is dit jou beurt om tot aksie oor te gaan. Gebruik die riglyne hier bo en maak ’n nota van drie nuwe slaairesepte wat jy nog nooit voorheen gemaak het nie. Plaas die bestanddele op jou inkopielysie van een van die slaaie wat jy hierdie week wil maak. Doen dieselfde vir die volgende paar weke en veral wanneer jy mense onthaal. Dit sal vir seker ieder en elk van jou gaste beïndruk.

As jy sukkel om ’n nuwe slaairesep te skep, kyk hier na ’n paar van die Radisson Hotel Group South Africa se slaairesepte om jou aan die gang te kry.

Lees ook: Wenke vir die perfekte kaasbord

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

5 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

7 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

9 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.