kategorieë: TrendsMode

Die grootste sonbril-tendense vir 2020

Die grootste sonbril-tendense vir 2020 deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: H&M

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die klein sonbrille wat deur die jare negentig geïnspireer is, het verlede jaar die sonbrilrakke oorheers, maar dit lyk of groter brille vanjaar  gewilder is. Die regte sonbril het die vermoë om jou gesig en styl te komplementeer. Pleks van die mikrobrille, kyk ons nou na stylvoller, drabare opsies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die swembroek wat jy in 2020 moet dra

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Deursigtig

Deursigtige rame en lense is lankal gewild in die sonbrilmark. Hoewel die een nie op die ander fokus nie, kan jy dit kombineer en ‘n monochromatiese voorkoms skep wat by alles pas.

Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur

Van bo na onder: 1.Tom Ford; 2. Jimmy Choo; 3. INVU. ; 4. Von Zipper

2. Reghoekig

Die mikrobril met sy reghoekige raamwerk uit die jare negentig het sedert verlede jaar ’n groot terugkeer gemaak, maar dit is nou baie makliker om te dra in ‘n groter silhoeët. Pleks van metaalrame, wees op die uitkyk na dik plastiekrame.

Lees ook: 1 item, 3 maniere: Die Espadril

Van bo na onder: 1. Retrosuperfuture; 2. Vogue beskikbaar by Luxottica; 3. DotDash; 4. Freckle Eyewear

3. Katoog

Die klassieke katoog kry hierdie somer ‘n nuwe gesig. Swart en skilpadkleure sal altyd duursaam lyk, maar vir ‘n moderne gevoel, probeer ‘n deurskynende paar of uitgesnyde detail, of waag met patrone en helder kleure.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Van bo na onder: 1. Guess; 2. Buberry beskikbaar by Luxottica; 3. DotDash; 4. ByCara

4. Rond

Hierdie ronde style is ontwerp om ‘n groot verskeidenheid gesigvorms te vlei, en word gedefinieer deur hul speelsheid. Dit is ‘n prettige alternatief vir jou tydlose swart en skilpaddopstyle en jy sal verbaas wees oor hoe veelsydig hulle is.

Lees ook: Ja, jy kan ook neon dra!

Van bo na onder: 1. Von Zipper; 2. INVU. ; 3. Burberry beskikbaar by Luxottica; 4. Giorgio Armani beskikbaar by Luxottica Die grootste sonbril-tendense vir 2020

5. Beskermingstyl

Skildrame (shielded frames) het groter, beter en selfs meer futuristies geword – laboratorium-ontmoet-jare-tagtig. Ski-rame het die aandag van beroemdes én Jan Alleman getrek. Jy gaan vir seker ‘n indruk maak met hierdie rame en word ook beskerm teen die son.

Lees ook: Koop vanjaar hierdie sonhoed

Van bo na onder: 1. Mr. Price; 2. Lacoste beskikbaar by Moscon Optics; 3 & 4 Albei Vogue beskikbaar by Sunglass Hut

6. Vlieënierstyl uit die jare sewentigs

Die Aviator-style is ikonies en sal waarskynlik elke jaar sy verskyning maak. Kies baie dun rame en getinte lense om die Top Gun-gevoel te bemeester. Saam met hierdie dun rame is die dun goue rame van die jare sewentig ook groot nuus.

Lees ook: Hoe om die dragkode op ’n uitnodiging te verstaan

Van bo na onder: 1. Maui Jim; 2. Lacoste beskikbaar by Moscon Optics; 3. Burberry beskikbaar by Luxottica; 4. Emporio Armani beskikbaar by Luxottica

Kry dit hier:

ByCara

DotDash

Freckle Eyewear – beskikbaar by uitgesoekte brilwinkels

Guess

INVU. beskikbaar by SDM Eyewear

Jimmy Choo beskikbaar by Dynamic Vision Optometrists

Lacoste beskikbaar by Moscon Optics

Luxottica

Mr. Price

Maui Jim

Retrosuperfuture

Tom Ford beskikbaar by SDM Eyewear

Von Zipper beskikbaar by Billabong-winkels

Sunglass Hut

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.