kategorieë: Bekendes

Die ‘Jonathan-roadshow’ is in volle swang!

Jonathan, ’n karakter wat danksy die bekende Internet-sensasie bykans ’n huishoudelike naam geword het, het op 1 November 2016 ’n epiese toer afgeskop waartydens hy verskeie dorpe in Suid-Afrika sal besoek. Dit is tydens dié besoeke wat aanhangers nie net die geleentheid sal kry om vroeë vertonings van die fliek, vóór sy amptelike vrystellingsdatum te geniet nie, maar ook om saam met Jonathan skouers te skuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die toer dien ook as aanloop tot die fliek se amptelike vrystelling op 2 Desember 2016. ’n Beter manier om die feestelikhede af te skop, kry mens nie sommer nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Suid-Afrikaners kan uitsien na ’n fliek-ervaring wat hulle hardop sal laat skaterlag, met tonele wat jou selfs weke ná die tyd sal laat giggel. Jonathan is ’n karakter by wie almal op een of ander manier kan aanklank vind. Dit is ’n prettige en baie snaakse, maar ook ’n aandoenlike storie oor mondigwording – spesiaal gemaak om fliekgangers tydens die Desember-vakansie te vermaak. Ek sien uit daarna om al ons aanhangers te ontmoet en om vir hulle die fliek te wys voordat die res van die land dit sien!” het die regisseur, Sallas de Jager, gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wen kaartjies na die Jonathan-première in Johannesburg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié fliek is ook die eerste komedie waarvan De Jager die regie behartig. Hy is hoofsaaklik bekend vir dramastukke soos Verraaiers, Roepman en Free State.

Jonathan lui ook die grootskerm-debuut vir Rikus de Beer – die man agter die skreeusnaakse en geliefde Jonathan-karakter.

“Lekker boysLife happens, en dit gebeur met my ook! En dis nie altyd koue bier en sonskyn nie, soos jy sal sien in my movie! Kom kyk Jonathan die movie op toer voor enigeen van jou pelle en mock hulle na die tyd!” het De Beer as Jonathan gesê.

Dit is egter nie net De Beer se toneelspel waarna kykers kan uitsien nie, maar ook dié van verskeie ander bekendes in die bedryf, soos: Brümilda van Rensburg, Paul Eilers, Anel Alexander, Jacques Bessenger, Eric Nobbs, Rika Sennett, Albert Pretorius, Frank Opperman, Lizz Meiring en Beate Opperman.

Lees ook: Nuwe fliek “Jonathan” met RadioRaps

Hier volg die volledige skedule van die Jonathan-roadshow. As jy graag deel daarvan wil wees, kan jy kaartjies na dié eksklusiewe geleentheid by jou naaste Ster-Kinekor en Nu-Metro besprekingspunte koop. Kaartjies sluit in: ’n spesiale, vroeë vertoning van Jonathan, asook ’n verskyning van Jonathan homself.

Jonathan-roadshow: die skedule

Dinsdag, 1 November                          Welkom (Nu Metro The Strip)

Woensdag, 2 November                     Klerksdorp/Stilfontein (Ster-Kinekor Matlosana)

Donderdag, 3 November                    Potchefstroom (Ster-Kinekor Mooirivier)

Vrydag, 8 November                           Roodepoort (Nu Metro Clearwater Mall)

Donderdag, 10 November                 Bloemfontein (Ster-Kinekor Mimosa Mall)

Maandag, 14 November                     Johannesburg (Première-geleentheid, slegs vir uitgenooide gaste)

Dinsdag, 15November                        Vanderbijlpark (Ster-Kinekor Vaal Mall)

Woensdag, 16 November George (Ster-Kinekor Garden Route Mall)

Donderdag, 17 November                 Kaapstad (Ster-Kinekor Tygervalley)

Vrydag, 18 November                         Stellenbosch (Ster-Kinekor Eikestad)

Woensdag, 23 November Pretoria Noord (Ster-Kinekor Kolonnade)

Donderdag, 24 November                 Boksburg (Ster-Kinekor East Rand Mall)

Dinsdag, 29 November                       Krugersdorp (Nu Metro Key West)

Vrydag, 2 Desember                           French Toast, Hartebeespoortdam (Ster-Kinekor)

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.