kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die kontrak vir ovaskenking

1 Kyk in die eerste plek dat jy ‘n kontrak kry

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Moenie oorvlieg Indië toe en eers daar die kontrak teken nie. Jy moet dit vooraf, hier in Suid-Afrika, deurgaan en teken. En sorg dat jy sien dat hulle ook die kontrak geteken het. ‘n Kontrak is eers bindend as albei partye se handtekeninge daarop is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Dit spesifiseer waar jy skenk, met die kliniek se naam en adres

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit keer dat jy na ‘n ander, minder veilige kliniek geneem word.

3 Die kontrak spesifiseer wat jy skenk, en hoeveel daarvan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy wil nie dalk sonder ‘n nier ook opeindig nie.

4 Dit spesifiseer watter prosedures gevolg gaan word en watter middels jy sal ontvang

As iets skeef loop,weet jy wat is beloof, in vergelyking met wat is gedoen nie.

5 Dit spel uit wat gebeur as jy nie eiers produseer nie of om een of ander rede nie kan skenk nie

Moet jy die onkostes aangegaan aan hulle terugbetaal, soos jou vliegkaartjie en hotelverblyf? Kry jy steeds jou vakansie en jou ‘sakgeld’?

6 Dit spel uit wat gebeur as komplikasies intree

Dit lys tipiese komplikasies en sê waar, hoe en deur wie dit gehanteer gaan word. Gaan jy daar gehospitaliseer word? In watter hospitaal? Is dit een waarmee jy tevrede is? Wie gaan na jou omsien? Het hulle ‘n chaperone in plek wat jou sal vergesel as jy met komplikasies moet terugvlieg? Kan ‘n familielid jou kom ondersteun? Wie betaal vir daardie kaartjie en verblyf? Dit spesifiseer ook wie is vir watter onkostes weens komplikasies verantwoordelik.

7 Dit spel uit wie onvoorsiene kostes gaan dra

Wat gebeur as daar ‘n aardbewing in Katmandu is en jy jou vlug verpas? Word jou terugvlug ook betaal?

8 Dit spesifiseer wat gebeur as jy oorsee sterf

Jy moet ongelukkig aan die swakste potensiële afloop ook dink. Wie dra die koste van die vervoer van jou liggaam huis toe? Of vir jou begrafnis daar? Of vir n verassing? As jou familie dit wil bywoon wie dra hul onkostes?

9 Lees die uitsluitings en fynskrif baie goed deur

Wat gaan hulle nie dek nie? Wat sluit hulle spesifiek uit? Kontrakte sluit dikwels terme wat beteken dat jy alle regte en aansprake opgee, en geen eise teen hulle sal instel nie. Moenie sommer net jou regte wegteken en aanvaar dat alles goed sal afloop nie. Onthou, jy mag klousules doodtrek en uithaal. Dit is geldig, mits jy én hulle teken.

Let veral op na hierdie terme:

“I agree …” en dan moet jy baie mooi kyk wat jy teken.
“Responsibility lies solely with …” wat beteken jy dra alleen verantwoordelikheid vir wat ook al gelys word, en vir die kostes en risiko’s.
“Unforeseen expenses …” wat aandui wie onvoorsiene uitgawes gaan dra, soos as ‘n aardbewing meebring dat jy seer kry of jou vlug verpas.
“Unforeseen circumstances …”
“The clinic is not liable for … / will not be held liable for …” wat beteken dat jy vir die uitgawes en situasies wat hier gelys is in jou persoonlike hoedanigheid en finansieel verantwoordelik is.

10 Kyk ook na jou eie mediese fonds se kontrak met jou of jou ouers

As jy byvoorbeeld aan ‘n mediese proef deelneem sal hulle net jou eise eer as jy hulle vooraf ingelig het van die die proef en hul toestemming daarvoor het. Kry veiligheidshalwe jou mediese fonds se toestemming vooraf op swart en wit, net in geval dinge skeef loop.

Kontak: www.ulundibehrtel.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.