kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoe om ’n veilige kliniek vir ovaskenking te kies

Die geld is goed, juis omdat onvrugbaarheid toeneem en die behoefte aan ova (vroulike eierselle) al groter raak. Kinderlose vroue sal wát wil gee vir net een van jou eierselle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Namate ons ekonomie al stywer raak, wonder al meer meisies (jy moet onder 25 wees) of hulle nie tog maar die kans moet waag nie. Die meeste dink darem ook aan die egpaar wat hieruit die vreugde van ‘n eie kind gaan kry, en selfs aan die kind waarin hulle ‘n aandeel het, en nie net aan die finansies nie. Maar dit bly ‘n saketransaksie, maak nie saak hoe jy oor eierskenking voel en om watter redes jy dit doen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waar geld betrokke is broei onheil al te dikwels uit. Talle oorsese klinieke hanteer meisies goed en veilig, maar hoe weet jy of hulle jou gesondheid ook op die hart gaan dra? Hoe maak jy seker die kliniek wat jy om skenking nader, is veilig?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die drie belangrikste aspekte

• Hoe groot is die finansiële motief van die kliniek en agent?
• Wie neem verantwoordelikheid vir jóú gesondheid tydens én na die prosedure?
• Die kontrak wat jy sluit

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoeveel geld verdien jy, die kliniek en die agent uit ovaskenking?

Dr. Johannes van Waart van die Wijnland Fertility Clinic, wat spesialiseer in eierskenking vanaf jong meisies en oordrag na vroue met fertiliteitsprobleme, dink jou beste waarborg is om die finansiële motief van die kliniek te evalueer.

“In Suid-Afrika mag daar nie in menslike materiaal handel gedryf word nie. Daarom word die vergoeding vir eierskenking tot R7 000 per keer beperk. In Indië, wat hierin spesialiseer en min wetgewing hieroor het, ontvang meisies tot R28 000. Mét ’n gratis vakansie in ‘n eksotiese wêrelddeel. Vir n oorsese kliniek is jy dus duur grondstof.”

“Boonop moet die agent wat jou gewerf het, betaal word, wat hul uitgawes nog verder opstoot. Daarby kan komplikasies intree, waarvoor hulle ook voorsiening moet maak. Vir hulle spel dit ‘n groot finansiële verlies wat die winste ernstig knou of uitwis (dit is die rede waarom oorsese klinieke meisies met komplikasies dadelik huis toe stuur. Hulle wil nie die onkostes dra nie.) Dus moet hulle soveel as moontlik eiers uit jou oes, om hul belegging in jou terug te wen. Agt tot twaalf – en tot vyftig, sestig eiers per meisie – is die norm.”

“Oorstimulasie maak dus finansiële sin, al hou dit ontsettende risiko’s vir jou in. Jou toekomstige fertiliteit is eenvoudig nie hulle probleem nie. Ons streng wetgewing oor vergoeding haal die finansiële motief uit die prentjie. Ons kan dit bekostig om net ‘n paar eiertjies te neem.”

Wie neem verantwoordelikheid vir jou gesondheid tydens en na eierskenking?

Nog ‘n belangrike ding om na te kyk:

In Suid-Afrika werk jy direk met die kliniek. Daar is geen agent of middelman nie. Daarom tree jy in ‘n duidelike dokter-pasiënt verhouding in, wat beteken dat jy deur ons wetgewing beskerm is.

As jy deur ‘n agent werk, kan sy nie verantwoordelik gehou word vir jou gesondheid nie. Sy doen bloot ‘n skakeltransaksie. Die oorsese dokter werk net met haar, en glad nie met jou nie. Hy het ook nie ‘n wetlike afdwingbare verantwoordelikheid teenoor jou nie. Jy is dus eintlik op jou eie. Boonop het Suid-Afrika ‘n goeie regstelsel, en kan pasiënte dokters aankla vir nalatigheid en misbruik.

Die kontrak vir eierskenking

Alles rus op die kontrak, sê Ulundi Behrtel, regskenner in mediese en etiese sake.

Hier is die belangrikste 10 dinge waarna jy moet kyk.

Bron: www.wijnlandfertility.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.