kategorieë: Reis

Die ligter sy van kamp

Plek: ’n Safari-tent by die Skukuza-ruskamp by die Kruger Nasionale Park.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Uitsig: Die tente is strategies aan die buitewyke van die kampterrein geplaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oomblik om te onthou: Ek het in een van die tente langs die heining gebly en verskeie diere in die verte gehoor. Hiënas het verbygeloop terwyl ek langs die kampvuur gesit het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie moet gaan: Almal wat van die kamp-ervaring hou of dit ondersoek.

Prys: Van R420 per eenheid. Kies tussen twee of vier enkelbeddens in ’n tent.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besprekings: Aanlyn by www.sanparks.org/tourism/bookings/ of deur sentrale besprekings by +27-12-428-9111 of +27-82-233-9111 of e-pos reservations@sanparks.org

Is jy lus vir ’n kampervaring in die Kruger Nasionale Park waar jy nie op die grond hoef te slaap of jou eie tent op te slaan nie? Besoekers wat ’n alternatiewe opsie soek, kan die safari-tente by die Skukuza-ruskamp besoek waar jy die kampgevoel ervaar, maar op ’n sagte gemaklike bed slaap.

Die tente is op platforms opgeslaan en elkeen het ‘n braai. Geriewe in die tent is baie basies en jy moenie luukshede verwag nie. Die enigste toerusting wat verskaf word, is ‘n yskas, glase en ‘n kas. Bring jou eie eetgerei want die gemeenskaplike kombuis het het tweeplaat-stowe, ‘n wasbak en kookwater. Die safari-tente het nie badkamers nie, maar gemeenskaplike badkamers is naby.

Diegene wat lus is vir kookkos kan die verkeie eetplekke in Skukuza besoek. Daar is iets vir elke smaak met opsies wat wissel van ligte maaltye, buffetetes en ’n tradisionele Suid-Afrikaanse braai onder die sterre. Jy sal met ’n vol maag bed toe gaan en voel jy is gasvry behandel. Net ’n klipghooi van die terrein is die Selati Station Grillhouse wat beloof om ’n unieke ervaring te bied. Die restaurant was ’n ou spoorwegstasie waar besoekers aan die park voorheen gearriveer het. Die ou trein maak die restaurant uniek.

Op jou volgende besoek aan die park kan jy nader aan die natuur wees pleks van om in ’n betongebou te bly. Die safari-tente is nie net gerieflik vir tam reisigers nie, maar gee hulle kans om agteroor te sit en ontspan in die hartjie van die Afrika-bosveld.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.