kategorieë: Blogs

Die magic van mans

In die hoek van my klas sit ’n man met ’n grys weglêsnor. Ek weet vroeg al: hy gaan dinge moeilik maak. Baie moeilik. Jy kan hom niks leer nie. En vir alles, álles het hy ’n antwoord. Nie noodwendig ’n oplossing nie, maar ’n antwoord.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vroeg-vroeg merk hy sy terrein.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die weglêsnor word platgevryf, hy plant sy bene wyd en maak die skare stil. Hulle luister. Want as Oom Voël praat luister jy. Hy’s immers geskool in die Weermag “toe die army nog die army was” voeg hy by. En plant sy bene nog wyer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oom Voël word mettertyd mak. Hy praat nie meer so baie nie. Luister tog. En sê later: ek leer.

Weg die bravade. Hy trek die stoel vir my uit. “Gaan sit.” Dié man wys (uiteindelik) sy magic.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Later. Ek sien die sms uit die hoek van my oog. Manlief.

Drie goed.
1. Wie gaan Maandag vir Emma na die outing neem?
2. Watter naweek kan ek my span nooi vir ete by ons huis?
3. Watter naweek kan ek gaan visvang?

Hy’t geleer, dink ek. Sms liewer, want hy onthou sy vrou kan nie nou met hom praat nie. Kort sinne, kort woorde, netjies genommer. Hy vra mooi. Dis magic.

Antwoord ek:
1. Jolene
2. 8 Maart
3. 14 Maart, of wanneer ookal jy wil.

Daardie middag is Kimberley se lughawe besiger as ooit. Met volgelaaide hande soek ons sitplek. Daar’s twee oop stoele in die hoek. “Is daardie stoele beset?” vra ek. Die een man loer lui oor sy bril en iPad, sê niks. “Nee,” sê die ander en skuif sy voete, wat ook op ’n stoel rus, tot hy gemakliker is. “Vat maar.”

Ek sukkel by hulle verby. Lig die swaar houtstoele een-een oor die tafel. Struikel byna. Hulle sit. Kyk nie eens op nie.

Dink ek: die magic (en tragic) van mans. Sommiges verstaan. Ander moet by oom Voël en Manlief gaan leer.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.