kategorieë: Wenke

Jody Hyam deel haar velsorg-wenke

Beroep:
Uitvoerende bestuurder: groepkommunikasie, Clarins.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ouderom: 40

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is jou skoonheidsgeheim?
Gebruik twee keer per dag ’n reiniger en verfrisser en een keer per week ’n afskilferaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is ’n goeie vel in jou gene?
Ja.

Watter produkte gebruik jy?
Ek is bederf omdat ek vir Clarins werk en toegang tot vele produkte het. Ek gebruik Clarins se Extra Firming-reeks wat spesiaal vir ons 40-plussers geformuleer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gaan jy vir gereelde velbehandelings, mikro-dermabrasie of botoks?
Ek het nie genoeg tyd om gereeld ’n spa te besoek nie, daarom bederf ek my maar naweke by die huis. Saterdagoggende ná ’n lang stap is my bederftyd.

Wat pla jou van jou vel namate jy ouer word?
Ek voel gemaklik met hoe my vel nou lyk. Die enigste bekommernis is pigmentasie vanweë ons leefstyl. Ek gebruik elke dag sonskerm, maar jy kan ook nooit die son se refleksie onderskat nie.

Beskryf jou leefstyl
Ek glo aan ’n gebalanseerde lewe. Ons is dalk nie hier vir lank nie, so kom ons geniet dit terwyl ons kan. Ek eet baie groen groente, drink genoeg water en eet ook proteïene. Oefening is baie belangrik, en ek oefen minstens drie keer per week – so kan ek ’n glas wyn drink sonder om skuldig te voel!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.