kategorieë: Blogs

Kyoto – tradisionele Japan

Daar heers ’n innemende atmosfeer in die rustige systraatjie. Dit is stil hier. Ek verkies hierdie kalm, byna sussende woonarea bo die rumoerige middestad. Hier kan ek onversteurd deur die buurt stap en elke huisie met sy oulike houtdeurtjie in my eie tyd bewonder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek en my reisgenoot is in Kyoto, Japan. Sneeuvlokkies maak hul verskyning in straatlampe se goue lig. Presies só wou ek hierdie land ervaar. Agter my word die stilte vir ’n oomblik onderbreek deur die ritmiese sukkel-geluid wat net ’n ou fietsketting kan maak. Tydsaam ry ’n Japannees verby, so asof hy nie trap om iewers uit te kom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Geisha in Gijon-distrik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Minder as ’n week hier is hopeloos te kort. Die ou, bekende gevoel skop in: as ek maar net ‘n dag of twee langer kon bly. Maar bygesê, ’n jaar hier sal nie genoeg tyd wees om alles te sien wat wat te siene is nie. As voormalige hoofstad van Japan is Kyoto van hoek tot kant oortrek met tuine, tempels, tradisionele straatjies, puik restaurante, winkeltjies en markte. Hierdie is die tradisionele Japan – mooi Japan. Ryk aan geskiedenis en kultuur, fyntjies verweef in die Japannese se delikate leefwyse en fyn ingesteldheid.

Ons dae is vol geprop, maar die aande rustiger. Net soos vir die plaaslike mense, is ons hoofvervoermiddel ou fietse met groot mandjies. Die twee fietse was sommer by ons verblyf ingesluit. Daar is soveel detail en oulike afdraai-paadjies in Kyoto – ons wil niks mis nie. Buitendien is dit tog baie meer opwindend as busry, of om konstant na moltreinstasies te soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons ry fiets tot waar Philosopher’s path begin. Hierdie rustige paadjie, wat ’n ou professor wat daagliks hierdie roete gestap het gedenk, loop al langs ’n kanaal af en is geleë tussen ’n hele paar tempels, sommige meer bekend as ander. Ons trap fiets na Honin-in tempel en Koda-ji tempel.

Ons eet gedurig – die kos is smaaklik én interessant! Sasjimi en warm sake (japanse ryswyn) is net die regte medisyne vir ’n koue wintersaand. Dit is heel eenvoudig om kos te bestel in Kyoto. Soos een van die spyskaarte lui: We have menu another three languages!

Sasjimi

Ons besoek ook Kiyomizu tempel met sy kenmerkende oranje dakkies waar besoekers in rye staan om van die heilige water te drink. Dit is nogal iets om te sien. Maar dit is Ginkakuji – ’n zen tempel ouer as 500 jaar – wat my vir altyd sal bybly. Dit is prentjiemooi en rustig daar! Geweldig fassinerend om te sien hoe elke bossie, klip, dak en trappie daar geplaas is vir ’n sekere rede en op ’n spesifieke plek. Een ding is vir seker: wanneer dit by harmonie en balans kom, ken die Japannese hul storie.

Na my zen-ervaring voel ek dat groentee-roomys op ’n broodrolletjie aan die orde van die dag is. Ek maak ’n draai by ’n stalletjie voor die tempel se ingang, en besef eers na ’n paar happies dat ek my so pas in ’n lawwe toeriste-foefie vasgeloop het. (Darem ’n smaaklike een!)

Ginkakuji tempel

Aan die oostekant van die stad lê Sannensaka en Ninenzaka: twee noemenswaardige, historiese strate. Tradisionele houthuisies wat omskep is in winkeltjies en gastehuise lei na ’n steil opdraende waar die straatjies van bo af bewonder kan word.

Dan is daar nog die bamboeswoud, die stampvol kosmark, tweedehandse winkeltjies, en romantiese strate…ek kan vir ewig hieroor skryf.

Ek weet daar is ’n ander kant van Japan. Een met helder liggies, eksentrieke modes en robotte. Dalk is ek gelukkig genoeg om eendag terug te keer en ’n draai in Tokyo te gaan maak. Maar vir nou is ek doodtevrede met my herinneringe van Kyoto. Ek kan sonder om te blik of te bloos sê: hierdie stad het my hart gesteel!

Tradisionele straat in Zinensaka

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.