kategorieë: Ons menseBekendes

Die Mej. SA-werklikheidsprogram, ‘Crown Chasers’ keer vanaand terug

Kykers kan uitsien na ‘n nuwe aanbieder, nuwe beoordelaars en ‘n nuwe groep deelnemers wat as die volgende Mej Suid-Afrika gekroon wil word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klik hier om Mej. SA se top-30-finaliste te leer ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Crown Chasers is ‘n werklikheidsreeks wat Mej. Suid-Afrika hoopvolles met ‘n reeks uitdagings toets om te bepaal hoe hulle die druk wat met die kroon gepaard gaan, sal hanteer. Die beoordelaars stuur aan die einde van elke opwindende episode een van die deelnemers huis toe. Dié wat oorbly sal in Augustus aan die regstreekse groot finale by die SunBet Arena by Time Square in Pretoria deelneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die vorige seisoen is deur die 2019-wenner, Zozibini Tunzi aangebied, maar ‘n nuwe aanbieder neem vanjaar die leisels oor, en dit is niemand anders as die huidige Mej. SA, Natasha Joubert nie.

In ‘n onderhoud met Sunday World het Natasha uitgelig wat die geleentheid vir haar beteken.

“Ek wou nog altyd in die aanbiedingsruimte wees; eendag sal ek graag ’n sportaanbieder wil wees, so my doelwit was nog altyd om ondervinding in die televisiebedryf op te doen,” het Natasha gesê.

Die beoordelaarspaneel bestaan ​​uit twee prominente figure naamlik Leandie du Rant en Lerato Kganyago.

Lerato sê dit is vir haar ’n volsirkel-oomblik, nadat sy van kleins af aktief by soortgelyke kompetisies betrokke was. Sy het bygevoeg dat dit ‘n eer is om deel van ‘n organisasie te wees wat vrouens bemagtig en vier.

“Ek hoop om positief tot die program by te dra met my ervaring as iemand wat in hul skoene was. Ek verstaan ​​die druk en die drome wat hierdie vroue het. Ek sal ondersteuning en eerlike terugvoer bied. My doel is om die deelnemers te help om hul ware potensiaal te vind en as hul outentieke self te skyn,” het Lerato gesê.

Leandie het bygevoeg dat hierdie reeks deelnemers ‘n gevoel sal gee van hoe dit sal wees om Mej SA te wees en dat sy opgewonde is om te sien hoe die deelnemers op uitdagings sal reageer.

Die eerste episode word vanaand, 29 Junie om 20:30 op S3 uitgesaai. Die regstreekse uitsending van Mej. Suid-Afrika 2024 sal 10 Augustus om 20:00 ook op S3 uitgesaai word.

Lees ook: Bryoni Govender deel Mej. Supranasionaal-verhoog met ons eie Nico Panagio

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.